Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kitai, ʼn klein olifantkalf, word deur sy ma Tong Koon bygestaan in die dieretuin in Keulen in die weste van Duitsland. Kitai is Woensdag gebore. Foto: Henning Kaiser/dpa via AP

Brandbestryders spook om brande in die Knysna-omgewing in bedwang te bring. Duisende mense is ontruim en minstens vier mense het in die brande omgekom. Foto: AP Photo/Ewald Stander

ʼn Jong meisie skryf ʼn boodskap van bemoediging op die Londen-brug nadat ʼn onbekende man ʼn boks met papiere en penne op die brug gelos het ná Saterdag se terreuraanval. Foto: Nick Ansell/PA via AP
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Die 1ste foto’tjie is sooooo pragtig….as jy die natuur en al sy dingetjies sien hoe kan jy nie glo nie??!!Ek dink nou aan daai wat hulle se jou Mamma se ware en opregte liefde kan nie verbreek word nie sou wat gee om my oorlede Mamma by my te kon he……
Alhoewel so baie tragies, is die foto van die Kaapse brande wat jul publiseer baie mooi. Dankie