Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Só lyk die Notre Dame-katedraal meer as ʼn jaar nadat ʼn brand die dakstruktuur verwoes het.

Die voorkant van die Notre-Dame-katedraal in Parys met ʼn werker wat vullis in die omgewing verwyder. (Foto: Thibault Camus, AP)

Werkers begin om die steierwerk wat tydens die brand in die slag gebly het uit die Notre Dame-katedraal te verwyder. Soveel as 200 ton staal moet verwyder word. (Foto: Thibault Camus, AP)