Die wêreld in foto’s – 8 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-6

Vroue van Kiev in die Oekraïne vaar die state in tydens ʼn optog vir Internasionale Vrouedag. Hulle protesteer teen geweld teen vroue. Foto: Sergei Chuzavkov, AP

wereld-foto-7

Onlustepolisie in Athene gebruik pepersproei om betogers in toom te hou. Talle boere in Kreta protesteer teen belastinghervorming. Foto: Thanassis Stavrakis, AP

wereld-foto-1

Mense van Afghanistan is in trane ná ʼn militêre aanval op ‘n hospitaal in Kaboel. Gewapende mans het die hospitaal bestorm en begin geskiet. Vier mense is dood en ongeveer 60 mense beseer. Foto: Rahmat Gul, AP

wereld-foto-9

Die nuwe Mercedes-Benz AMG GT C Roadster word uitgestal tydens ʼn motorskou in Genève, Switserland. Foto: Cyril Zingaro, AP

wereld-foto-8

Die Switserse Federale Instituut vir Sneeu- en Sneeustortingnavorsing veroorsaak ʼn sneeustorting vir navorsings-doeleindes. Foto: Jean-Christophe Bott, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.