Die wêreld in foto’s – 8 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Bejaarde vrou (81) drink tee terwyl sy op klante wag by haar visstalletjie in Gauhati, Indië. Honderde vroue het Donderdag in Nieu-Delhi se strate toneel gespeel en optogte gehou vir bewusmaking van huishoudelike geweld, seksuele aanvalle en diskriminasie in die werkplek ter viering van internasionale Vrouedag. Geweldsmisdaad teenoor vroue het ten spyte van streng wetgewing in dié land toegeneem. (Foto: Anupam Nath, AP)

Gemaskerde vroue van Bangladesj woon ’n internasionale Vrouedag-optog in Dhaka, dié land se hoofstad, by. (Foto: AM Ahad, AP)

’n Vrou hou ballonne en ’n plakkaat vas ter viering van internasionale Vrouedag in Kiëf in die Oekraïne. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

Ondersteuners van die MeToo-veldtog Donderdag tydens ’n optog ter viering van internasionale Vrouedag in Seoel, Suid-Korea. Slagspreuke op sambrele lees: “Weg met glasplafonne.” (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Aanklaer Jakob Buch-Jepsen daag Donderdag by die hofgebou in Kopenhagen op waar die verhoor van die Deense uitvinder Peter Madsen, die man wat aangekla word van die gru-moord op die Sweedse joernalis Kim Wall aan boord van sy persoonlike duikboot, begin het. (Foto: Mads Claus Rasmussen, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.