Die wêreld in foto’s – 8 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rene Garcia hou haar drie maande oue seun Brandon in die lug oor die veldblomme in volle glorie naby Borrego Springs in Kalifornië. Twee jaar ná bestendige reën het saad wat dekades lank onder die grondoppervlak lê en wag het nou ontkiem en ʼn skouspel gelewer – waarna verwys word as “super blommeprag”. (Foto: Gregory Bull, AP)

’n Vrou poseer vir ’n foto in ’n opening in ’n banier wat deur die Tibettaanse vrouevereniging opgesit is ter viering van die Internasionale Vrouedag in Dharmsala, Indië. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Indië se kaptein, Virat Kohli, staan in ’n kamoefleer-pet voor die afslaan van die derde internasionale eendag-krieketwedstryd tussen Indië en Australië in Ranchi, Indië. Lede en ondersteuningspersoneel van die Indiese krieketspan dra kamoefleer-pette ter herinnering aan die paramilitêre soldate wat in selfmoord-motorbomaanvalle in Kasjmir, Indië, dood is. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Haley Lu Richardson arriveer by die première van Five Feet Apart in Los Angeles. (Foto: Jordan Strauss, AP)

Dansers lewer ’n tradisionele dans, “diablada” of “dans van die duiwels”, tydens karnaval in Oruro, Bolivia. Die fees sluit in volksdanse, kostuums, handewerk, musiek en ʼn partytjie van omtrent 20 uur lank. (Foto: Juan Karita, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.