Die wêreld in foto’s – 8 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Frankryk se verkose president Emmanuel Macron tree vandag amptelik saam met die huidige president Francois Hollande in Parys op tydens die herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Foto: Emilio Morenatti, AP

Feesgangers vier die blommefees in Madeira, Portugal. Foto: Zhang Liyun, Xinhua

Mense neem deel aan ʼn wedloop genaamd “Color run” in Puebla, ʼn stad in Meksiko. Foto: Xinhua

Benas Petreikis (R) van Litaue skiet ʼn doel teen België tydens ʼn kwalifiserende ronde van die handbal-kampioenskapsreeks in Litaue. Foto: Alfredas Pliadis, Xinhua

Dansers in Vancouver, Kanada, warm op tydens ʼn ope oudisie vir Die Neutkraker-balletproduksie. Ongeveer 200 dansers van verskeie ouderdomme sal ʼn oudisie aflê. Foto: Liang Sen, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, baie dankie vir die “Wereld in Foto’s”. Veral vandag s’n is baie mooi. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.