Die wêreld in foto’s – 8 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Betogers blokkeer ʼn hoofweg in Borrassa in Katalonië, Spanje, nadat die streeksregering deur Madrid afgedank is. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Kinders waai vir die motor waarin pres. Donald Trump en sy vrou, Melania, deur die strate van Beijing in China ry. (Foto: Lintao Zhang, AP)

Ondersteuners van die opposisieparty in Indië betoog op dieselfde dag as wat Narendra Modi, die premier van Indië, ʼn jaar vantevore die ontmunting van die 500- en 1000-roepee-note aangekondig het. (Foto: Altaf Qadri, AP)

ʼn Sleutelmaker wag vir kliënte terwyl ʼn bromponie, met die ligte aangeskakel weens die rookmis, verbyry. Die rookmis hang al vir dae in die gebied naby Nieu-Delhi in Indië. Die situasie word deur die Indiese mediese vereniging as ʼn openbare gesondheidskrisis bestempel terwyl skole en ander instansies gemaan is om buitelugaktiwiteite tydelik te staak. (Foto: RS Lyer, AP)

Die Dajiu-meer in China se Hubei-provinsie. (Foto: Du Huaju, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lulu ·

Is ek die enigste een wat sien dat die bra op die scooter op sy foon ook is haha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.