Die wêreld in foto’s – 8 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Kelnerin dans in die Hofbräu-tent op die laaste dag van die Oktoberfest-bierfees in München, Suid-Duitsland. (Foto: Felix Hoerhager, AP)

Die son kom Maandagoggend op aan die Oossee op Timmendorfer-strand, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Indiese lugmag-soldate marsjeer by die Hindon lugmagbasis in die buitewyke van Nieu-Delhi, Indië. Lugmag-dag word Maandag gevier om dié dag te herdenk waarop die Indiese Lugmag amptelik in 1932 gevestig is. (Foto: Manish Swarup, AP)

‘n Tempelwerker hou Maandag ‘n kers vas by ‘n Chinese tempel in Bangkok, Thailand, op die vooraand van die Vegetariese Fees. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

‘n Siriese soldaat wat sy been in die Siriese oorlog verloor het, loop tydens ‘n fisiese terapie-sessie by die Ahmed Hamish Martyr-hospitaal in Damaskus, Sirië. Baie Siriese soldate moet leer om sonder een of meer van hul ledemate sowel as met ander ernstige gestremdhede te lewe. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.