Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Frans Steyn van Suid-Afrika druk ’n drie in die Wêreldbeker-rugbytoernooi se groep B-wedstryd tussen Suid-Afrika en Kanada in die Kobe Misaki-stadion in Japan. (Foto: Kyodo News, AP)

New York Yankees se spelers vier hul 5-1-oorwinning teen die Minnesota Twins in hul kleedkamer tydens die American League Division-reeks in Minneapolis. (Foto: Bruce Kluckhohn, AP)

Pres. Donald Trump aan die woord in die Roosevelt-kamer van die Withuis in Washington ná die ondertekening van ’n handelsooreenkoms met Japan. (Foto: Evan Vucci, AP)

’n Leeu rus in ’n boom terwyl ’n olifant verby loop in die Tarangire- nasionale park in Tanzanië. Die getal leeus reg oor Afrika het die afgelope twee dekades met meer as 40% afgeneem. Wetenskaplikes is van mening dat die leeuspesie kan uitsterf in die nabye toekoms. (Foto: Jerome Delay, AP)

Betogers teen klimaatsverandering by die stadsaal in Sydney, Australië. ’n Reeks betogings teen klimaatsverandering vind tans in Australiese stede soos Melbourne, Brisbane en Perth plaas. (Foto: Rick Rycroft, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dankie Maroela, ek GENIET die foto’s!!
Baie interessant!
DANKIE!