Die wêreld in foto’s – 8 Oktober 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende ontstoke studente en werkers Donderdag ʼn protesoptog teen die nuwe wet op werkskepping in Indonesië gehou.

Dié wet wat Maandag deur die parlement goedgekeur is, sal na verwagting Indonesië se arbeidstelsel en die bestuur van natuurlike hulpbronne wesenlik verander. Die nuwe wetgewing het 79 vorige wette gewysig en was bedoel om burokratiese doeltreffendheid te verbeter en meer beleggings na die land te lok.

Die betogers is egter van mening dat die wet werkers sal benadeel deur die waarde van skeidingspakkette te verminder, die beperking op buitelandse werknemers se handearbeid op te hef, die gebruik van uitkontraktering te verhoog en maandelikse salarisse om te skakel na uurlikse lone.

ʼn Gemaskerde student loop verby brandende puin tydens botsings met die polisie in Indonesië. (Foto: Tatan Syuflana, AP)

Polisie vorm ʼn buffer teen betogers wat op pad is na die presidensiële paleis in Djakarta, Indonesië. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Betogers slinger voorwerpe na die polisie. (Foto: Binsar Bakkara, AP)

Polisie en betogers bots tydens betogings in Djakarta, Indonesië. (Foto: Tatan Syuflana, AP)

Betogers gooi ʼn fiets in die rigting van ʼn brandende metrostasie. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.