Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Selfmoordbomaanvallers van die Taliban staan wag op die grens van die Zabul-provinsie in Afghanistan by ʼn byeenkoms van ʼn faksie wat weggebreek het van die groep. Afgaanse amptenare sê die Taliban het deurgebreek tot by die hoofstad van die Uruzgan-provinsie gemaak wat tot hewige gevegte gelei het. Amptenare van dié gebied word reeds ontruim. Foto: Mirwais Khan, File./wire.africannewsagency.com
President Francois Hollande van Frankryk lewer ʼn toespraak oor demokrasie en terrorisme in aanloop tot sy moontlike heraanstelling vir ʼn tweede termyn. Foto: /Christophe Ena, Pool/wire.africannewsagency.com
Mense trap druiwe ter viering van die oes in die Alto Douro-wynprovinsie in Portugal. Dié streek is bekend vir sy unieke portwyn en is ook een van die groot wynproduksiestreke in Portugal. Foto: Xinhua/Zhang Liyun (zcc)/wire.africannewsagency.com
Indiese kinders bid tydens die oggendgebede by ʼn openbare buitelugskool in Jammu, Indië. Foto: Channi Anand/wire.africannewsagency.com
ʼn Lapmark in Dihuastraat in Taipei, Taiwan. Die straat is ongeveer 800 meter lank en is ʼn goed bewaarde antieke straat in die stad. Foto: Xinhua/Song Zhenpin) (zwx)/wire.africannewsagency.com
ʼn Lugfoto van Xinghua City toon ʼn skilderagtige prentjie van gousblomme in China se Jiangsu-provinsie. Foto: Xinhua/Meng Delong (zwx)/wire.africannewsagency.com
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.