Die wêreld in foto’s – 9 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Onderwyseres gee vir ’n leerder ’n ontwurmingstablet by ’n staatskool in Hyderabad, Indië. Die nasionale ontwurmingsveldtog poog om die bedreiging van parasitiese wurminfeksies te verminder. (Foto: Mahesh Kumar, AP)

Polisiebeamptes staan wag buite die Beijing-treinstasie in dié stad. ’n Toeloop van reisigers word die naweek by treinstasies en lughawens verwag in aanloop tot die Maannuwejaar volgende week. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

‘n Bejaarde Kasjmiri kniel om onderdeur ’n ysterpaal te kruip terwyl hy verby ’n doringdraad-beheerpunt stap. Mense van Kasjmir behoort ter beskerming ’n sekere tyd van straat af te wees, nadat seperatistegroepe met lugaanvalle gedreig het ter herdenking van die teregstelling van Afzal Guru, ‘n Kasjmiri wat skuldig bevind is aan doodstraf vir sy beweerde rol in die aanval op die Indiese parlement in 2001. (Foto: Dar Yasin, AP)

Sakke blare vir versierings word op die rivieroewer in water gehou terwyl mense in die Hooghly-rivier langs die Howrah-brug in Kolkata, Indië, bad. Die blare sal later by ’n nabygeleë blommemark verkoop word. (Foto: Bikas Das, AP)

Noord-Koreaanse verteenwoordigers waai Vrydag vlae in afwagting van die openingseremonie van die 2018- Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Natacha Pisarenko, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacques Venter ·

As mens deur n wyer lens na die wêreld kyk, besef mens dat ons in Suid Afrika soveel het om oor dankbaar te wees

SjN ·

Jy is 100% reg, danksy De klerk en die massa ja stemmers is ons nou in die gemors, rommel status, as daar nie iets vinnig gebeur nie, is ons ook op pad soontoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.