Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Filippynse reddingsbote is op bystand langs die Jones-brug in Manila tydens die Katolieke fees van die Swart Nasarener. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Noord-Korea het ingestem om ʼn afvaardiging na die Olimpiese Winterspele wat volgende maand in Suid-Korea plaasvind te stuur. (Foto: Yonhap, AP)

ʼn Gebou lê in puin nadat ʼn brand uitgebreek het by ʼn kosjermark in Creteil, suid van Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

Die mis hang oor ʼn veld vol Brusselse spruitjies in Merchtem in België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Vissermanne trek komberse oor hulself en ʼn deel van die boot terwyl hulle visvang in ʼn meer aan die buitewyke van Srinagar in Kasjmir. (Foto: Javed Dar, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend ·

Wanneer sal mense leer dat dit verkeerd is om van die Katolieke Kerk te praat wanneer eintlik die Roomse Kerk bedoel word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.