Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Twee besoekers neem ’n selfie tydens die 95ste Pitti Immagine Uomo-modeuitstalling in Firenze, Italië. Dié uitstalling is een van die wêreld se belangrikste forums vir mansklere en -modebykomstighede. (Foto: Cheng Tingting, Xinhua)

Yslandse perde speel Woensdag in hul kamp in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Pro-Brexit-ondersteuners betoog Woensdag buite die parlement in Londen. Daar is heelwat teenkanting teen Brittanje se voorgenome onttrekking aan die Europese Unie op 29 Maart vanjaar – dít sonder ʼn Brexit-ooreenkoms wat Brittanje se toekomstige verhouding met die oorblywende Europese lidlande sal bepaal. (Foto: Jonathan Brady, AP)

Sneeubedekte bome Woensdag op die Taunus-heuwels naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Eende swem Woensdag in ʼn nagemaakte meer in die Sempione-park in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.