Die wêreld in foto’s – 9 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Werkers maak hulself warm bo-op ʼn oond by ‘n baksteenfabriek in Kathmandu, Nepal. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Serena Williams van die VSA juig nadat sy ʼn punt verower het teen haar landgenoot Christina McHale in die tweede rondte enkelspelwedstryd van die ASB Classic-tennistoernooi in Auckland, Nieu-Seeland. (Foto: Chris Symes, AP)

‘n Man voer ʼn toertjie met vuur uit terwyl aanhangers van die Indiese Tamil-superster, Rajinikanth, die uitreiking van sy jongste rolprent, Darbar, buite ʼn fliekteater in Mumbai, Indië, vier. (Foto: AP)

Die selfverklaarde super-aanhanger van die koninklikes, John Loughrey, poseer vir die media voor Buckingham-paleis in Londen nadat prins Harry en sy vrou, Megan, aangekondig het hulle gaan terugstaan as senior lede van die koninklike familie. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Betogers op die Place de la Bastille in Parys tydens ʼn betoging teen pres. Emmanuel Macron se plan om die pensioenstelsel te laat hersien. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.