Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Brand wat smeul in die Knysna-gebied. Minstens vyf mense is in die brande dood en duisende moes hul huise ontruim. Foto: AP Photo/Halden Krog
Balletdansers tydens ʼn opvoering in Addis Abeba in Ethiopië. Foto: Xinhua/Michael Tewelde
ʼn Visserman vang vis in die Illasbergseerivier naby Rosshaupten in die suide van Duitsland. Foto: Karl-Josef Hildenbrand/dpa via AP
Larry, die beroemde kat van Downingstraat 10, sit op die voorstoep van die premier se woning in Londen. Premier Theresa May se party het sy volstrekte meerderheid in die parlement verloor. Foto: AP Photo/Matt Dunham
Die aktrise Diane Keaton het die AFI se toekenning vir lewenslange bydrae ontvang by die Dolby-teater in Los Angeles. Foto: Chris Pizzello/Invision/AP
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Dankie, Maroela, dis ‘n lafenis om hierdie insetsel te lees as jy werklik vuisvoos is van al die roof, moord en aakligehede wat mense moet deurstaan.