Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ongeveer 100 pasgebore Lekang-skilpaaie is vandeesweek vrygelaat tydens ʼn veldtog om bedreigde seeskilpaaie in Bali, Indonesië, te red.
Só lyk die pasgebore seeskilpaaie.

Vrywilligers bid voordat seeskilpaaie in die see vrygelaat word. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Broeisel seeskilpaaie wag om vrygelaat te word in Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Baba-seeskilpaaie is in die see vrygelaat in Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Vrywilliger versamel skilpadeiers terwyl seeskilpaaie uitbroei in Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ʼn Pasgebore seeskilpad is op pad see toe. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)