Die wêreld in foto’s – 9 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-7

Talle mense van Suid-Korea hou kerse vas tydens ʼn optog in Seoel. Landsburgers eis dat die huidige president, Park Geun-hye, vervolg word na ʼn korrupsieskandaal. ʼn Hof sal Vrydag beslis of Geun-hye uit haar amp moet ontslaan word. Foto: Lee Jin-man, AP

wereld-foto-8

Talle mense van verskeie hulporganisasies in Duitsland protesteer teen die huidige oorlog in Sirië. Foto: Markus Schreiber, AP

wereld-foto-6

Lede van die Duitse polisie se spesiale eenheid neem deel aan ʼn oefening in Murnau. Foto: Sven Hoppe, AP

wereld-foto-9

Duitsland se kanselier, Angela Merkel, sit in haar motor en lees dokumente op pad na die EU-beraad in Brussel. Foto: Markus Schreiber, AP

wereld-foto-1

ʼn Ysbeer, genaamd Milana, swem in haar hok in Hannover se dieretuin in Duitsland. Foto: Holger Hollemann, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, moet tog asseblief nie hierdie blad verwyder nie. Dis so interessant!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.