Die wêreld in foto’s – 9 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Taylor Chavez van Oregon (links) en Minyon Moore vier hul oorwinning in die NCAA-basketbaleindstryd teen Stanford in die Pac-12-vrouetoernooi in Las Vegas, VSA. (Foto: John Locher, AP)

Die Amerikaanse sangeres Meghan Trainor woon die Christian Cowan X The Powerpuff Girls Season II-modeparade in Los Angeles by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Mense stap onderdeur ʼn struktuur wat outomaties ontsmetting buite ʼn winkelsentrum in Bangkok, Thailand, toepas. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Vlugteling uit Iran hou sy dokumente vas nadat hy uit Turkye ontsnap het na die Griekse dorp Thourio naby die Grieks-Turkse grens. (Foto: Giannis Papanikos, AP)

ʼn Indiese jong man neem deel aan Holi-vieringe in Jammu, Indië. Die fees van kleure vier die koms van lente. (Foto: Channi Anand, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.