Die wêreld in foto’s – 9 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rusland se president Vladimir Putin spreek die skare op die Rooiplein toe tydens ʼn militêre parade ter viering van oorwinningsdag teen Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog 72 jaar gelede. Foto: Yuri Kochetkov, AP

Rusland se vloot marsjeer langs die Rooiplein tydens ʼn militêre parade ter viering van oorwinningsdag teen Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog 72 jaar gelede. Foto: Alexander Zemlianichenko, AP

ʼn Indiese vrou van Nieu-Delhi gooi skoon water in ʼn drom uit ʼn mobiele watertenk. Die informele nedersettings in Indië maak op dié mobiele tenke staat vir skoon water. Foto: Tsering Topgyal, AP

Mediese personeel is hard aan die werk om myners by te staan ná ʼn gaslek in ʼn steenkoolmyn in China se Youxian-streek ses myners se dood veroorsaak het. Foto: Chinatopix Via AP

Twee Yslandse hingste speel in ʼn kamp in Neu Anspach naby Frankfurt, Duitsland. Foto: Michael Probst, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.