Die wêreld in foto’s – 9 Mei 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Russiese troepe marsjeer tydens ’n militêre parade op Oorwinningsdag om 73 jaar sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog asook die nederlaag van Nazi-Duitsland in Moskou, Rusland, te vier. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

ʼn Indiese seun keer huiswaarts van ʼn veld terwyl donker wolke oor Gauhati, Indië, begin saampak. Verskeie state in Indië se noordooste het Woensdag swaar donderweer beleef. (Foto: Anupam Nath, AP)

Die Reuters-joernalis Wa Lone praat Woensdag met joernaliste ná afloop van sy verhoor terwyl hy op ’n polisievragmotor klim in Yangon, Mianmar. (Foto: Thein Zaw, AP)

Pous Franciskus ontmoet Woensdag ʼn groep nonne tydens sy weeklikse oudiënsie op St. Petrusplein in die Vatikaanstad. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Polisiemanne neem ʼn verregse aktivis in hegtenis tydens ʼn byeenkoms ter viering van Oorwinningsdag in Kiëf in die Oekraïne. Oekraïners vier Woensdag die herdenking van die oorwinning van die Tweede Wêreldoorlog op 9 Mei as ʼn nasionale vakansiedag. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sannapat ·

Ek geniet altyd Die wêreld in foto’s so.
En ‘n foto spreek soms boekdele.
Kyk hoe straal die die nonne!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.