Die wêreld in foto’s – 9 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Russiese soldate marsjeer op die Rooiplein tydens die oorwinningsdag- militêre parade in Moskou. Die parade vind plaas ter viering van dié land se sege in die Tweede Wêreldoorlog, 74 jaar gelede. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

ʼn Trop beeste beweeg van hul winterhabitat na hul somerweiding in Hongarye. Die kudde van byna 150 beeste het 19 km afgelê voordat hulle die somerweiding bereik het waar hulle tot einde Oktober sal bly. (Foto: Zsolt Czegledi, AP)

Ryskorrels wat oorgebly het ná afloop van die koninklike ploegseremonie in Bangkok, Thailand. Dié saad bring glo geluk. Die jaarlikse seremonie vind met die aanvang van die groeiseisoen plaas. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Model op die loopplank tydens die aanbieding van die Louis Vuitton Cruise 2020-versameling in New York. (Foto: Mary Altaffer, AP)

George RR Martin waai vir fotograwe tydens die première van die rolprent Tolkien in die Regency Village-teater in Los Angeles. Die fliek ondersoek die lewe van die beroemde skrywer, JRR Tolkien, wat die klassieke fantasieromans The Hobbit en The Lord of the Rings geskryf het. Martin is bekend vir sy reeks fantasieromans in die reeks A Song of Ice and Fire wat aangepas is vir die HBO-reeks Game of Thrones. (Foto: Chris Pizzello, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Weskusklong ·

Dis mos nou soos vroulike soldate moet lyk! Fiks en reg om te veg.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.