Die wêreld in foto’s – 9 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Onderstebo Amerikaanse vlag, ʼn erkende noodsein, Woensdag buite ʼn restaurant in Seattle kort nadat Donald Trump as die 45ste president van die VSA verkies is. Foto: Ted S. Warren, AP

Pous Franciskus wuif vir die skare op die St. Petersplein tydens sy weeklikse oudiënsie in die Vatikaan. Foto: Alessandra Tarantino, AP

ʼn Skedel met ʼn sonbril buite die kapel van die algemene begraafplaas in La Paz in Bolivië dien as aanduiding van die “natitas”-fees wat tans daar gevier word. Versierde kopbene (natitas) word as amulette gebruik tydens dié fees wat nié deur die Rooms-Katolieke Kerk erken word nie. Foto: Juan Karita, AP

Koningin Elizabeth II onthul Dinsdag ʼn portret van haarself deur die kunstenaar Colin Davidson tydens ʼn geselligheid in Crosby Hall in London. Foto: Jeff Spicer, AP

ʼn Fabriekswerker in China se Zhejiang-provinsie gooi gekookte suikerrietstroop oor gebraaide deegvlegsels, ʼn tradisionele Chinese gereg. Inwoners van die stad Yiwu berei die afgelope 300 jaar al jaarliks in die winter produkte van bruinsuiker volgens oorgelewerde resepte. Foto: Xu Yu, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alida ·

Klink soos variasie op koeksistets. ons voorgeslagte maak dit ook al eeue lank. Of het ons dalk meer Sjinese bloed in ons as wat ons wil toegee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.