Die wêreld in foto’s – 9 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wagte ry verby die presidensiële woning van Indonesië waar pres. Joko Widodo van Indonesië en pres. Moon Jae-in van Suid-Korea later die dag byeengekom het. (Foto: Adek Berry, AP)

Sjinese leerders waai vlae met die vertrek van pres. Donald Trump en sy vrou, Melania, nadat hulle ʼn laerskool in Beijing besoek het. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Sokkerspelers van Argentinië oefen vir die vriendskaplike wedstryd teen Rusland wat die naweek sal plaasvind. (Foto: Ivan Sekretarev, AP)

ʼn Meisie van Indië bedel in die strate van Nieu-Delhi. (Foto: Manish Swarup, AP)

Prins Charles en sy vrou, Camilla, is op ʼn tweedag-besoek aan Indië om bande te versterk voor ʼn byeenkoms van die leiers van Gemenebes-lande wat April in Londen sal plaasvind. (Foto: Manish Swarup, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kat ·

Kon maar die foto van vaal Charles en kie gelos het. Beteken niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.