Die wêreld in foto’s – 9 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Boer van Mianmar sit Vrydag skouer aan die wiel in ʼn rysveld in Naypyitaw. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Pous Franciskus aanvaar Vrydag ’n geskenk van Mar Gewargis III, patriarg van die Assiriese Kerk van die Ooste, in die Vatikaan. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Siriese vlugtelinge Vrydag by hul terugkeer na hul vaderland op die grens tussen Libanon en Sirië. Meer as 100 Siriese vlugtelinge het na hul tuisland begin terugkeer uit verskeie streke van Libanon. (Foto: Ammar Safarjalani, XInhua)

Kinders waai Vrydag Franse en Britse vlae voor Theresa May, die Britse eerste minister, se aankoms in Albert, Frankryk. Emmanuel Macron, die Franse president, sal later vandag May in die land verwelkom. (Foto: Francois Mori, AP)

Dmitri Alive van Rusland Vrydag in aksie by die NKH-trofee-ysskaatsgeleentheid in Hirosjima, Wes-Japan. (Foto: Koji Sasahara, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.