Die wêreld in foto’s – 9 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Jhony Andres Angulo Reina van Colombia in aksie tydens die 2018 Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires, Argentinië. (Foto: Li Ming, Xinhua)

ʼn Besoeker stap Dinsdag verby N27, ʼn skildery uit 1950 deur Jackson Pollock tydens ʼn voorskou van die uitstalling Pollock and the School of NY in Rome se Vittoriano-museum. Dié uitstalling wat Woensdag vir die publiek open en duur tot 24 Februarie 2019 bevat ongeveer 50 kunswerke waaronder skilderye, beeldhouwerke en installasies. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Matteo Salvini, die Italiaanse minister van binnelandse sake, woon Dinsdag ʼn mediakonferensie by tydens die G6-vergadering vir ministers van binnelandse sake in Decines, naby Lyon, Sentraal-Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

Aktiviste betoog voor die hooggeregshof in Washington. Brett Kavanaugh, wat ná ʼn bitter senaatstryd nou amptelik as regter in dié hof aangestel is, sluit Dinsdag by sy nuwe kollegas aan om sy eerste saak aan te hoor. (Foto: Pablo Martinez Monsivais, AP)

ʼn Koerdiese vrou hou Dinsdag ʼn rooi plakkaat vas terwyl sy betoog teen diegene wat die vryheid van Abdullah Ocalan, die leier van die Koerdistan Werkersparty, in Brussel eis. (Foto: Francisco Seco, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.