Die wêreld in foto’s – 9 Oktober 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het aanhangers van die Iranse sanger, Mohammad Reza Shajarian, buite die Jam-hospitaal in Teheran getreur ná sy afsterwe.

Die 80-jarige sanger is Donderdag in die hospitaal aan kanker oorlede.

Shajarian was later in sy loopbaan gedwing om slegs in die buiteland op te tree, nadat hy die betwiste herverkiesing van pres. Mahmoud Ahmadinejad uitgedaag het deur aan die staatsradio te sê dat hulle nie meer sy liedjies moet gebruik nie.

ʼn Aanhanger van die sanger, Mohammad Reza Shajarian, treur na sy afsterwe Donderdag. (Foto: Vahid Salemi, AP)

Aanhangers steek kerse buite die Jam-hospitaal in Iran aan. (Foto: Vahid Salemi, AP)

ʼn Aanhanger treur nadat die 80-jarige sanger oorlede is. (Foto: Vahid Salemi, AP)

Talle mense het buite die hospitaal in Teheran bymekaargekom om Shajarian te groet. (Foto: Vahid Salemi, AP)

ʼn Aanhanger wys ʼn foto van die wyle Mohammad Reza Shajarian. (Foto: Vahid Salemi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Klomp drama queens! Tjank oor enige iets! Het hulle gedink hy gaan vir ewig lewe…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.