Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Prinses Sofia en prins Carl Philip van Swede by hul seuntjie, prins Alexander, se doop by Palace Chapel in Drottningholm-paleis, Stockholm. Foto: Jonas Ekstromer/TT via AP/wire.africannewsagency.com
ʼn Passasierstrein het tydens ʼn rit tussen Vigo en Porto in die noordwestelike deel van Spanje ontspoor. Talle mense is gedood en beseer – die dodetal is nog nie bekend nie. Die trein het sover bekend 60 passasiers vervoer. Foto: Lalo R. Villar/wire.africannewsagency.com
Reddingswerkers op die Mont Blanc-massiefgletser in die Alpe (wat tussen Frankryk en Italië geleë is) maak gereed om toeriste te hulp te snel nadat verskeie kabelkarretjies verstrengel geraak het op ʼn hoogte van 3 600 m. Die toeriste is weer veilig op die grond. Foto: Luca Bruno/wire.africannewsagency.com
ʼn Jong seun hou ʼn koeiklok vas tydens ʼn Beierse veewagter-saamtrek waartydens die beeste terugkeer nadat hulle vir die somer in die berge naby Oberstaufen, Duitsland, gewei het. Foto: Matthias Schrader/wire.africannewsagency.com
Angelique Kerber van Duitsland vier haar oorwinning oor Caroline Wozniacki van Denemarke tydens die semifinaal van die Amerikaanse Ope in New York. Kerber het 2-0 gewen. Foto: Xinhua/Yin Bogu/wire.africannewsagency.com
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.