Die wêreld in foto’s – 9 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Tomas Satoransky van die Tsjeggiese Republiek gooi ʼn doel tydens die tweede skof van die Fiba-basketbalwedstryd in die Shenzhen Bay-sportsentrum in Shenzhen in die Guangdong-provinsie in China. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Max Scherzer van die Washington Nationals in aksie tydens die eerste skof van ʼn bofbalwedstryd teen die Atlanta Braves in Atlanta. (Foto: John Amis, AP)

Boris Johnson (links), die Britse premier, ontmoet Ierland se premier, Leo Varadkar (regs), by die regeringsgebou in Dublin. Johnson het Varadkar ontmoet om oor die Brexit-krisis gesprek te voer. (Foto: Niall Carson, AP)

Verkeer op die snelweg langs die gebou wat “The Squaire” genoem word by die Frankfurtse lughawe in Duitsland. Dié gebou van 660 m word beskou as die grootste kantoorgebou in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Seun van Kasjmir tel sy fiets oor ʼn doringdraad wat deur regeringsmagte opgerig is in Srinagar, Indië. Veiligheid word steeds in Kasjmir opgeskerp nadat Indië se Hindoe-nasionalistiese regering die outonomie van die Moslem-meerderheid in dié streek afgradeer het. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.