Die wêreld se eerste olifant-selfie

Scott Brierley  se selfie links en Latabe se selfie regs

Scott Brierley se selfie links en Latabe se selfie regs

ʼn Olifant by die West Midlands Safari-park in Worcestershire, Engeland, het ʼn selfie op ʼn besoeker se selfoon geneem toe die instrument in die dier se hok beland het, berig die Daily Mail.

Scott Brierley (23) het gesê hy het eers die 22-jarige olifantkoei se foto opgespoor toe die bewaarders sy selfoon vir hom teruggegee het. Hy is glo aangesê om in sy motor te bly toe sy selfoon in die hok beland het.

Brierley sê hy het gesien die olifant stap na sy foon toe, maar het gedink sy dink dis kos. Hy was baie verbaas dat die foon nog werk en om die foto op te spoor.

Personeel by die park is glo baie trots op Latabe se “fotografie-vaardighede”.

Latabe se selfie

Latabe se selfie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.