Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het individue wêreldwyd hul persoonlike higiëne opgeskerp. Terselfdertyd het dié virus die konsep van persoonlike ruimte ingrypend herdefinieer. Sóveel het mense se persoonlike ruimte gegroei tydens dié pandemie.

Pastore woon ʼn erediens by in die Yoido Volle Evangelie-kerk in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)