Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het individue wêreldwyd hul persoonlike higiëne opgeskerp. Terselfdertyd het dié virus die konsep van persoonlike ruimte ingrypend herdefinieer. Sóveel het mense se persoonlike ruimte gegroei tydens dié pandemie.
Klante wag met winkeltrollies om inkopies te doen in New York, VSA. (Foto: Yuki Iwamura, AP)
Pastore woon ʼn erediens by in die Yoido Volle Evangelie-kerk in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)
Mense wag hul beurt af om in ʼn plaaslike verkiesing te stem in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)
Mense wag om ʼn apteek binne te gaan in Rome, Italië. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)
Mense staan tou om voorrade aan te koop in Barcelona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)