Dief steeds leë hande ná 5 banke binne 3 ure

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die onsuksesvolle dief (Beskikbaar gemaak deur die polisie in New York)

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die onsuksesvolle dief (Beskikbaar gemaak deur die polisie in New York)

ʼn Man wat Maandag vyf banke binne drie ure probeer besteel het, is steeds voortvlugtig.

Owerhede in Manhattan, New York, het gesê die man, wat laas ʼn rooi-en-wit-blokkieshemp aangehad het, het net voor 14:00 die middag by die Valley National Bank in Vyfde Laan ingestap en ʼn nota aan die teller oorhandig waarin hy geld eis. Die teller het geweier om enigiets aan hom te oorhandig en hy het gevlug, berig NBC New York.

Hy het vyftien minute later ook op Capitol One Bank in Parklaan toegeslaan, en het weer gevlug toe die teller geweier het om enigiets te oorhandig. Hy het ook, binne 40 minute later, tevergeefs by Chase Bank in Lexingtonlaan die bank probeer besteel.

Uiteindelik, om 16:45, het die man by Chase Bank in 86ste Straat ingestap. Die teller het weer die man se eis van die hand gewys en hy het weggehardloop.

Volgens die polisie het die man die vorige week Donderdag ʼn onbekende bedrag kontant by ʼn bank in Sewende Laan gesteel.

Geen beserings is in enige van die gevalle aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert ·

Ek voel vandag net soos die man. Sukkel al van maandag 21 November af tot vandag toe met ABSA Bank. Hulle is telkens as ek besigheid wil doen, “off-line” Ek het geen gevaarlike wapens in my besit nie, want as ek gehad het, was die bank en ek al tot Me Maria Ramos se kantoor.

Vixie ·

Hi Gert, waarmee het jy ‘n probleem. Ek kan jou dalk in die regte rigting wys?

Eish ·

Hoekom soek julle hom, hy is mos nie ‘n dief nie, hy het dan niks gesteel nie .hehehehe

Vygie ·

Defnitief kom hy nie ver nie… aanhouer wen sê hulle… Ek persoonlik dink hy treë uit despiraatheid op. Dalk finansiële probleme of druk op hom. Dalk moet hulle hom hulp aanbied….

mariaan ·

So van ABSA gepraat. Ek is ń getroue kliënt, het nog nooit van bank verander sedert 1983 nie.
ABSA se diens is lankal nie meer wat dit was nie.
Telefoon bankdiens gee die opsie in watter taal jy gehelp wil word, maar Afrikaans is omtrent nooit beskikbaar nie. Om nie eens te praat van kliëntediens binne die bank nie. Onlangs staan daar ń hoogs bejaarde tannie wat duidelik nie ń woord Engels verstaan nie en verleë glimlag omdat sy weet die mense kyk vir haar en moes wag terwyl hulle iemand gaan roep wat Afrikaams is. Dis ń skande! Daar behoort te alle tye ook ń Afrikaanse persoon by kliëntediens te wees.
Wat dink ABSA of is die Afrikaanssprekende kliënte nie vir hulle belangrik nie?

Marina ·

Dit is eintlik snaaks maar probeer dit nou in ons land, dan is daar geweld by betrokke… soos altyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.