Dieretuin ontken man is vir gorilla aangesien

Argieffoto Foto: thatblueyak.blogspot.com

Argieffoto Foto: thatblueyak.blogspot.com

‘n Veearts het ʼn personeellid van ʼn dieretuin met ʼn verdowingspyl geskiet toe ʼn gorilla-ontruimingsoefening skeefgeloop het. Die dieretuin ontken die slagoffer het ʼn gorillapak aangehad.

ʼn Plaaslike koerant het berig die 35-jarige man, wat vir die dieretuin in die Kanariese Eilande werk, het ʼn gorillapak aangetrek en is vir ʼn regte dier aangesien toe hy geskiet is.

Die pyl bevat glo genoeg verdowingsmiddel om ʼn gorilla van 200 kg plat te trek.

Die Loro Park-dieretuin, ʼn gewilde toeristeaantreklikheid, het die ontruimingsoefening vir sy personeellede gehou om voorbereid te wees indien ʼn gorilla uit aanhouding sou ontsnap.

Patricia Delponti, woordvoerder vir die dieretuin, het Vrydag aan AFP gesê die pylgeweer het per ongeluk afgegaan en die veearts het sy kollega langs hom in die been getref. Die veearts werk nou glo ongeveer twee maande lank by die dieretuin. Hy het dadelik ʼn teenmiddel vir die man ingegee.

Die man het agt ure later wakker geword en moes twee dae in die intensiewesorgeenheid behandel word voordat hy op die derde dag ontslaan is.

Delponti het gerugte ontken dat die man ʼn gorillapak aangehad en dit die veearts verwar het. “Hy was nie soos ʼn gorilla aangetrek nie en die veearts was nie deurmekaar nie,” het sy gesê. –SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

So die “gewonde” kolega was na die insedent skuldig aan slaap aan diens? :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.