Dieretuin-tier verskeur ma van twee

Samantha Kudeweh (Foto: Facebook)

Samantha Kudeweh (Foto: Facebook)

Hamilton-dieretuin in Nieu-Seeland het besluit om nie die Sumatraanse tier van kant te maak wat ʼn dieretuinbewaarder aangeval en verskeur het nie.

Samantha Kudeweh (43) is Sondagoggend deur die mannetjiestier, genaamd Oz, in die dier se hok aangeval. Sy was langer as 20 jaar ʼn dieretuinbewaarder.

Lance Vervoort, algemene bestuurder van Hamilton-dieretuin, het gesê daar is altyd ʼn risiko vir dieretuinpersoneel wat na groot diere omsien, maar het dit benadruk die tier hou nie ʼn groter risiko in nie. Volgens hom is dit die oortuiging van beamptes van die dieretuin dat die dier bloot uit instink reageer het. “Oz is ʼn merkwaardige dier,” het Vervoort gesê. “Hy is die pa van twee welpies en hy is noodsaaklik vir die teelprogram om hierdie seldsame spesie te help bewaar.”

Duisende persone het ʼn petisie onderteken om Oz se lewe te spaar.

Jeff Neems, woordvoerder vir die stadsraad wat die dieretuin bedryf, het gesê die publiek was nooit in enige gevaar tydens die voorval nie.

Die nasionale dierebeskermingsvereniging het ook die dieretuin se besluit, om nie die tier van kant te maak nie, verwelkom, maar sy innige meegevoel met Kudeweh se familie en naasbestaandes betuig.

Sumatraanse tiere word as kritiek bedreig beskou. Daar is minder as 400 op die Indonesiese eiland oor. Daar is vyf Sumatraanse tiere by die Hamilton-dieretuin.

Die dieretuin is ná die aanval gesluit en die publiek sal eers weer van Donderdag af die dieretuin kan besoek. Meer as 128 000 persone besoek Hamilton-dieretuin jaarliks en dit is die vierde gewildste dieretuin in Nieu-Seeland.

“Die lekkerste ding vir my oor my rol by die dieretuin is die geleentheid wat ek het om met ander spesies van aangesig tot aangesig te werk,” het Kudeweh vroeër oor haar pos op die dieretuin se webwerf geskryf.

Kudeweh, van Waikato, is Maandag ter ruste gelê. Catherine Nichols, Kudeweh se kollega, het haar beskryf as ʼn “talentvolle, passievolle en hoogs ervare en professionele bewaarder”.

Sy laat haar man Richard en twee kinders, Billy (9) en Sage (3) agter. Die dieretuin het bevestig dat ʼn opvoedingsfonds vir haar kinders beskikbaar gestel word.

Lees meer: Die gesin se verklaring, Sydney Morning Herald, New Zealand Herald

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HEVW ·

Ons sou graag n foto van die seldsame tier wou sien en nie een van n aap nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê HEVW

Ons het nou ‘n foto van die tier by die berig gelaai.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karrie ·

Ek stem n foto van tier sou nice gewees het, en die tier kan nie uitgesit word omdat hy uit instink gereageer het nie!

Sune van Heerden ·

Dagsê Karrie

Ons het nou ‘n foto van die tier by die berig gelaai.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Malinda ·

Ek is baie bly die dier is nie van kant gemaak nie. Hoekom moet n dier doodgemaak word as hy net op instinkte regeer?
Hoekom word dan nie dieselfde met n mens gedoen as hy of sy moor nie

ladybug ·

As sy so lief was vir diere soos sy gesê het, dan sou sy so wou sterf … al was dit grusaam …

jaco ·

Soek die “New Zealand Herald” op. Daar word dit brig die tier gaan gespaar word om dat die tier beskermed is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaco

Lees gerus die volledige berig – ons bevestig ook die Dieretuin het gesê hulle gaan nie die tier van kant maak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

celeste ·

Dis tragies maar daai tier kan bly wees hy was nie in suid afrika nie. Dan was hy al lankal van kant gemaak. Hulle bly wille diere en moet so behandel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.