Diewe steel motor wat geld moes insamel

Die 1972 Oldsmobile Cutlass wat in Caledonia, Minnesota gesteel is

Die 1972 Oldsmobile Cutlass wat in Caledonia, Minnesota gesteel is

ʼn Gerestoureerde 1972 Oldsmobile Cutlass, wat ʼn prys sou wees om geld in te samel vir ʼn voormalige brandweerhoof wat met MNS gediagnoseer is, is gesteel.

Die motor is die naweek uit Dave’s Auto Sales in Minnesota, VSA gesteel.

Die gemeenskap van Caledonia wou geld insamel vir hul voormalige brandweerhoof, Chuck Gavin, wat met motorneuronsiekte gediagnoseer is, volgens die Facebook-blad vir die geleentheid.

“Die diefstal is soos ʼn klap in die gesig vir die gemeenskap,” het Kurt Zehnder, polisiehoof, gesê.

Caledonia het ongeveer 3 000 inwoners.

Die organiseerders het die motor aanvanklik teen $15 000 aangeskaf en is oortuig dat ʼn ander motor van dieselfde of ʼn groter waarde gevind sal word om die gesteelde een te vervang.

Hulle het mense wat reeds kaartjies vir die gelukkige trekking aangeskaf het, gerus gestel. Die doelwit is om 600 kaartjies teen $100 elk te verkoop. Hulle het reeds minstens 350 kaartjies verkoop.

Die gelukkige trekking vind op 12 September plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.