
David Sassoli, president van die Europese parlement, poseer saam met ander Britse LP’s en die lede van verskeie politieke partye vir ‘n foto. (Foto: Francisco Seco, AP)
Brexit word Vrydag deurgevoer.
Die emosies het hoog geloop toe die Europese Unie (EU) Woensdag sy finale goedkeuring aan Brittanje verleen het om die EU te verlaat.
Parlementslede het die Brexit-onttrekkingsooreenkoms met 621 stemme teenoor 49 bekragtig ná ’n emosionele debat in Brussel in België.
Wetgewers van al 28 EU-lande het hul toegeneentheid en hartseer uitgespreek. Sommige het selfs gehuil, terwyl parlementslede die Skotse lied “Auld Lang Syne” gesing het om die Verenigde Koningryk se uittrede aan te dui. Ander was weer sigbaar oorstelp van vreugde.
“Ons sal jou altyd liefhê en ons sal nooit ver wees nie,” het Ursula von der Leyen, president van die EU-kommissie, gesê.
Brittanje verlaat die EU ná 47 jaar van lidmaatskap. Dit sal die eerste land wees om dié drastiese stap te doen wanneer hy Vrydag omstreeks 23:00 amptelik onttrek.
“Dis dit. Dit is alles verby,” het die Britse politikus Nigel Farage gesê. Farage het die afgelope twee dekades ’n veldtog ten gunste van Brexit gevoer.

Die Skotse parlementslid Aileen McLeod, regs, druk die Britse Europese parlementslid Richard Corbett (Foto: Francisco Seco, AP)
Hoewel die skeidingsooreenkoms nou beklink is, heers daar steeds groot onsekerheid oor Brittanje en die EU se toekomstige verhouding.
’n Sogenaamde oorgangstydperk begin Vrydag ná Brittanje se vertrek, waartydens die Verenigde Koninkryk tot aan die einde van die jaar binne die ekonomiese reëlings van die EU sal bly, hoewel dit nie seggenskap in die beleid sal hê nie, aangesien dit dan nie meer ’n lid van die EU sal wees nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ek dink hier gaan groot probleme en swaarkry dae voorlê….
Kan iemand meer verduidelik wat dit nou eintlik als behels? Is Britanje en Europa nou nie meer deel van mekaar nie?
Swaarkry is relatief. My swaarkry is die werklose plakkerskamp inwoner se droom. Die Britte se swaarkry waarskynlik omtrent myne…
Die EU is ‘n bewys van saamwerk, saambou, opbou.
die EU is Duitsland alles gaan oor Duitsland en die ander lidlande moet na hulle pype dans