Foto’s: Dís hoe sterre skitter by Oscars

Natalie Portman. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Alle oë was weer op die bekendes van Hollywood en hul uitrustings op die rooi tapyt by die 92ste Oscars-prysaand Sondag in Kalifornië, VSA.

Vir dié glansgeleentheid het bekendes by die Dolby-teater in Los Angeles bymekaar gekom en die toekenningseisoen behoorlik afgesluit met ʼn kombinasie van klassieke patrone en uitstaanstukke.

Billy Porter het geskitter in ʼn oranjegoud Giles Deacon- aandrok met die Cupola-kamer in die Kensington-paleis in Londen as inspirasie.

Die Noorweegse sangeres Aurora het weggebreek van konvensie met ʼn los broek, ʼn tuniek-top en hooftooisel met ʼn blomontwerp terwyl aktrises soos Kaitlyn Dever en Charlize Theron in tydlose tabberds gespog het.

Die Amerikaanse sangeres Janelle Monae het monde laat oophang in ʼn silwer Ralph Lauren- rok wat ongeveer 170,000 Swarovski-kristalle insluit.

Dit was egter aktrise Natalie Portman wat dié geleentheid gebruik het om meer as net haar sin vir styl ten toon te stel. Portman het gespog met ʼn Maria Grazia Chiuri- skouermantel met die name van vroueregisseurs wat nie deur die Oscars erken is nie, daarop geborduur.

Kyk hier hoe die bekendes op die rooi tapyt gelyk het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.