Dís hoekom China Winnie the Pooh sensor

Sommige van die foto’s wat op die sosialemedianetwerk gedeel word

Die gewilde strokiesprentkarakter Winnie the Pooh word in China gesensor nadat honderde foto’s en aanmerkings op die internet opgeduik het waar sosialemediagebruikers die Chinese president op ʼn tergende wyse met dié plomp karakter vergelyk.

Die meeste van dié foto’s en kommentare teenoor Xi Jinping, die president, is op die sosialenetwerk Weibo versprei – ʼn netwerk soortgelyk aan Facebook wat 340 miljoen aktiewe gebruikers het.

Volgens die BBC is geanimeerde foto’s van dié karakter van WeChatt verwyder, terwyl gebruikers van Weibo nie meer foto’s of kommentare van Winnie the Pooh mag versprei nie. Alle foto’s of frases met verwysing na dié karakter word verwyder.

Sommige van die foto’s wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, is een van Jinping en Shinzo Abe, die eerste minister van China, wat mekaar ’n handdruk gee ná ʼn perskonferensie. ʼn Foto van die twee politieke leiers is gekombineer met ʼn foto van Pooh en Tigger, nog ʼn strokiesprentkarakter uit dieselfde strokiesprentreeks, wat ook kwansuis bladskud.

Jinping is ook in ander gekombineerde foto’s te sien waar hy sy kop by ʼn amptelike motor uitsteek, en tydens ʼn gesprek met die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama.

Volgens die BBC is dié gegekskeer met die president en ander politieke leiers strategies beplan. Volgens die nuusnetwerk het die kommunistiese party binnekort ʼn belangrike vergadering waar talle regeringsposte wat beskikbaar is, bespreek gaan word. Amptelike owerhede kan glo frases op die internet sensor wat teen dié kommunistiese party is.

Sommige van die foto’s wat op die sosialemedianetwerk gedeel word

Sommige van die foto’s wat op die sosialemedianetwerk gedeel word

Sommige van die foto’s wat op die sosialemedianetwerk gedeel word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Onthou ·

Onthou julle T.O. Honiball se ‘Adoons-hulle’? Verhale vandag nog verstaanbaar . . .

johnny_walker ·

beste was ou zuma se vergelyking met n sekere karakter in die “jungle book film” die twee dans tog so dieselfde

Amanda ·

Red asseblief die wereld. ….alles raak so belaglik deesdae

Theresa B ·

Arme Winnie the Pooh – Nou moet hy die spit afbyt. LOL!! Maar dis baie snaaks!!
Uiters skerp van die een wat hierdie uitgedink het.

Ruby ·

Pleks hulle die yulin honde marteling stop nou vat hulle ‘n tekenkarakter aan!!

Ghandi het gesê as jy ‘n land se moraal wil weet kyk hoe hulle diere behandel.

Swannie ·

Indien Suid Afrikaners dieselfde vergelykings sou tref tussen strokiesprent karakters en parlementslede, sou daar heelwat mense gewees het wat ook 150k boetes sou moes betaal het.

Die rede sou wees dat sekere rasse met diere vergelyk word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Siestog vir die arme Chinese presidet wat mense herinner aan Winnie the Pooh. Moet ek nou ook geraak word daardeur dat ek soos die vorige mej Wereld lyk? Geskapenes herinner baie mense aan iets of iemand anders. Vat kommentaar soos ‘n man “and deal with it ‘”………..

SARIE VAN HEERDEN ·

Bygese: mense reken ek lyk op ‘n baie gevorderde lewe baie beter en mooier as mej Wereld. En vir die wat my ken: lag maar stilletjies saam met my.

Mariné Lourens ·

Dagsê Jacques

Dankie vir jou kommentaar. “China” en “Sjina” word albei in Afrikaans erken.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.