Disney World-werkers vas oor kinderpornografie, prostitusie

Karakters by Disney World Foto: destinationsinflorida.com

Karakters by Disney World Foto: destinationsinflorida.com

Minstens 35 persone is al sedert 2006 by Disney World in Amerika vir seksmisdrywe met kinders in hegtenis geneem, het ʼn woordvoerder van dié vermaaklikheidspark Dinsdag bevestig.

Volgens ʼn ondersoek deur CNN is talle werknemers die afgelope paar jaar by vermaaklikheidsparke in Florida in hegtenis geneem. Volgens hofdokumente en polisierekords is twee werknemers van SeaWorld en vyf werknemers van Universal Studios se vermaaklikheidspark ook in hegtenis geneem.

Die personeellede wat in hegtenis geneem is, was onder andere sekuriteitsbeamptes, toergidse, ʼn persoon wat in ʼn geskenkwinkel gewerk het en ʼn persoon wat kostuums verskaf het.

Nie een van die onverwante sake het glo met gaste by die parke gebeur nie. Verskeie van die inhegtenisnemings hou verband met die besit van kinderpornografie of klopjagte deur die polisie waar van die mans minderjarige prostitute wou bekom.

Jacquee Wahler, woordvoerder vir Disney, het die park se toewyding om die kinders veilig te hou, benadruk en het bygevoeg die maatskappy bekom omvattende agtergrondinligting oor sy personeel.

“Disney het in hierdie periode meer as 300 000 mense in sy diens gehad,” het Wahler bygevoeg. “Die getalle wat CNN aandui, verteenwoordig ʼn baie klein persentasie hiervan.” Ongeveer 70 000 mense werk vir Disney World in Florida.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.