Dít is in 2020 die meeste gesoek op Google

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Google het die lys van die mees gesoekte onderwerpe wêreldwyd in 2020 op dié internetsoekenjin bekendgemaak.

Heel bo aan die lys van mees gesoekte terme is die koronavirus. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Covid-19 in Maart tot ʼn pandemie verklaar. China het die WGO in Desember 2019 van ’n nuwe virus ingelig. Covid-19 het sedertdien reg oor die wêreld versprei en het tot inperkings in tientalle lande en al meer as 1,7 miljoen sterftes wêreldwyd gelei. Die terme “Coronavirus update” en “Coronavirus symptoms” was onderskeidelik die sewende en agtste mees gesoekte terme.

Verkiesingsuitslae was die twee mees gesoekte term op Google. Amerikaners het meestal die term opgesoek in verband met die Amerikaanse verkiesing wat begin November plaasgevind het. Die uitslag van die presidensiële verkiesing is betwis nadat Joe Biden, negende mees gesoekte term, as die wenner aangewys is en pres. Donald Trump volgehou het dat verkiesingsbedrog plaasgevind het.

Pres. Donald Trump (links) (Foto: (AP Photo/Steve Helber); Joe Biden (regs) (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die derde mees gesoekte term was Kobe Bryant.

Kobe Bryant (7 Junie 2009) (Foto: AP Photo/Mark J. Terrill, File)

Die 41-jarige basketbalster is in Januarie vanjaar in ’n helikopterongeluk dood. Bryant se 13-jarige tienerdogter, Gianna, het ook in die ongeluk gesterf.

Zoom is die vierde mees gesoekte term vir 2020. Dié aanlyn konferensiediens het oornag uiters gewild geraak nadat al meer mense tuis begin werk het weens die koronaviruspandemie. Google Classroom, wat dit vir onderwysers en studente makliker maak om dokumente te deel, was die tiende mees gesoekte term. Skole is ook vir lank gesluit weens die Covid-19-pandemie.

Die Indiese Premierliga (IPL) was die vyfde mees gesoekte term, terwyl Indië vs. Nieu-Seeland die sesde mees gesoekte term was.

Ander gewilde soektogte:

Kim Jong Oen (Foto: Korean Central News Agency/Korea News Service via AP)

Mense:

  1. Joe Biden
  2. Kim Jong Oen
  3. Boris Johnson
  4. Kamala Harris
  5. Tom Hanks

Rolprente:

  1. Parasite
  2. 1917
  3. Black Panther
  4. 365 Dni
  5. Contagion

Die Tiger King Joe Exotic, oftewel Joseph Maldonado-Passage.

Akteurs:

  1. Tom Hanks
  2. Joaquin Phoenix
  3. Amitabh Bachchan
  4. Ricky Gervais
  5. Jada Pinkett Smith

TV-programme:

  1. Tiger King
  2. Big Brother Brasil
  3. Money Heist
  4. Cobra Kai
  5. The Umbrella Academy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.