Djokovic breek Sampras se rekord

Novak Djokovic vier sy oorwinning teen Poland se Hubert Hurkacz in Parys (Foto: Christophe ARCHAMBAULT / AFP)

Novak Djokovic sal vir die sewende keer die jaar afsluit as die wêreld se voorste tennisspeler. Daarmee oortref die 34-jarige Serwiër Pete Sampras se rekord van ses jaar. Djokovic het die mylpaal bereik deur Hubert Hurkacz van Pole 3-6, 6-0 en 7-6 (7/5) te klop om die eindstryd van die meesterstoernooi in Parys te haal.

Djokovic het in die Parys-toernooi gespeel nadat hy ʼn blaaskans van sewe weke gevat het. Daniil Medvedev van Rusland het hom in September in die eindstryd van die Amerikaanse Ope geklop om sy droom van ʼn Grand Slam te verongeluk.

Djokovic het Vrydag gesê hy keer terug baan toe om die nommereenposisie op die ranglys te verseker en die rekord te oortref. “Dit was ʼn droom van my want Pete was my held toe ek ʼn jong seun was.”

Novak Djokovic vier sy oorwinning teen Poland se Hubert Hurkacz in Parys (Foto: Christophe ARCHAMBAULT / AFP)

Djokovic speel vandag (16:00 Suid-Afrikaanse tyd) teen die einste Medvedev in die eindstryd in Parys. Medvedev is die verdedigende kampioen en vee die opposisie uit sy pad. Hy het in die halfeindstryd 6‑2 en 6-2 oor Alexander Zverev geloop. Dit was vir Zverev ʼn reuseteleurstelling, veral nadat hy reeds vanjaar ses titels verower het en juis verlede week in Wene gewen het.

Die 25-jarige Medvedev is die naasbeste speler op die wêreldranglys en nog ʼn oorwinning oor Djokovic sal sy gevaarlike reputasie verder verstewig in die aanloop tot die 2022-seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mariaan ·

Ek love tennis…maar al so moeg om net Novac te sien wen…oor en oor! Kom tyd vir nuwe bloed!! Bv D.Thiem…kom klop bietjie hierdie ou..hy maak die sport nou boring

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.