Djokovic hof toe oor dreigende deportasie

Novak Djokovic tydens ‘n 2021-besoek aan Melbourne se Brighton Beach. (Foto: Patrick Hamilton/AFP)

Novak Djokovic, die wêreld se voorste manstennisspeler, het hom Donderdag tot die hof gewend nadat Australië sy visum teruggetrek het omdat hy nie aan die land se toegangsbepalings voldoen het nie.

Die Serwiër het Woensdag in Australië aangekom, waarna immigrasiebeamptes hom ure lank by ʼn fasiliteit in Melbourne aangehou en toegang tot die land geweier het. Hy word in hierdie stadium steeds by ʼn immigrasie-aanhoudingsfasiliteit in die stad aangehou.

Volgens hofamptenare sal regter Anthony Kelly Djokovic se appèlaansoek teen sy dreigende deportasie aanhoor.

Djokovic het vroeër op Instagram gesê hy het kwytskelding gekry om sonder dat hy teen Covid-19 ingeënt is, aan die Australiese Ope deel te neem.

Die 34-jarige tennisster het voorheen geweier om sy inentingstatus bekend te maak, maar het al sy teenkanting teen inenting te kenne gegee. Hy het Covid-19 minstens al een keer opgedoen.

Scott Morrison, Australië se eerste minister, sê Djokovic het versuim om bewys van sy dubbele inenting of toepaslike mediese kwytskelding te lewer.

“Reëls is reëls en daar is geen spesiale gevalle nie,” het Morrison gesê.

Djokovic se regsverteenwoordigers het hulle nou tot die hof gewend in ʼn poging om hom in die land te hou.

Die nuus dat Djokovic in die land toegelaat sou word sonder dat hy teen Covid-19 ingeënt is, het ʼn herrie in Australië veroorsaak. Australiërs kon die grootste gedeelte van die afgelope twee jaar glad nie reis of familie en vriende van oorsee verwelkom nie weens die land se taai pandemiebeperkings.

Djokovic se behandeling het sy ondersteuners egter woedend en het ʼn sterk bewoorde diplomatieke teregwysing van Serwië se president tot gevolg gehad.

“Die hele Serwië staan by hom. Ons owerhede doen alles moontlik om te verseker die slegte behandeling van die wêreld se beste tennisspeler word so gou moontlik beëindig,” het pres. Aleksandar Vucic gesê nadat hy op die foon met Djokovic gesels het.

“In ooreenstemming met alle standaarde van internasionale reg, sal Serwië baklei vir Novak Djokovic, geregtigheid en die waarheid.”

Djokovic se pa het op sy beurt aangevoer sy seun is ure lank op die lughawe gevange gehou en moet met ʼn heldeontvangs terugkeer huis toe.

“Dit is ʼn stryd om ʼn vrye wêreld, nie net ʼn stryd vir Novak nie, maar vir die hele wêreld,” het hy gesê.

ʼn Serwies gebore Australiër het gesê Djokovic het ʼn burgeroorlog deurleef om tennis te speel. “Hy het niks aan die wêreld gedoen nie. As dit [Rafael] Nadal of [Roger] Federer was, sou niemand so ʼn ophef gemaak het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Perdeby ·

Hulle het jou visum terug getrek, hulle soek jou nie daar nie. Dis hulle reels nie joune nie. Maak vrede.

johan ·

Verskeie ander spelers is met dieselfde redes wel in die land toegelaat. Hierdie is verseker diskrimansie teen ‘n enkele speler wat nie soos ‘n lappoppie agter die wereld mening aanloop nie.

kaplyn ·

Dit is nie die waarheid nie! Geen persoon, tennis speler, rugby speler of gewone toeris sit sy voete in AUS as jy nie ingeent is nie. Dit geld vanaf JUL 2021. AUS gaan nie 2 stelle reëls volg soos SA nie en hulle het ook nie dubble standarde soos SA nie. Dit is nie regverdig dat die deelstaat Victoria wat nou net uit 263 dae se inperking kom nadat 89% van die inwoners reeds ten volle ingeent is, en hulle laat eweskielik 1 persoon toe wat nie ingeent is nie terwille van die afgod met die naam van sport. Dit help nie daar word nou aangevoer dat hulle reëls verkeerd is nie, want elke staat het die reg om reëls te maak ooreenkomstig wetenskaplike advies wat deur hulle mediese kenners verskaf word. In AUS se geval is dit die ATAGI.

Tubac ·

Vergewe maar dat daar te gou kommentaar gelewer word sonder behoorlike feite.

MakersMark ·

Stem net nog anti vaxxer leuens om die anti vaxxer agenda te pas.

MakersMark ·

Nonsens. Al die spelers wat wel toegelaat is is ingeent. Dat ND die uitsondering is is tipiese anti vaxxer leuens.

Samuel ·

Hulle reëls kan verkeerd wees. Is ons nou almal skielik slawe van die WGO?

Baardman ·

Die artikel sê dit ook. Reëls is reëls. Maak nie saak of jy saamstem of nie. Kyk hoe lyk ons land van dubbele stelle reëls. Spreekwoord sê mos: As jy in Rome is, maak jy soos die Romeine.

krodedil ·

Novak is ‘n internasionale Rolmodel en ‘n stryder vir ‘n vrye wereld. Dankie dat jy nog opstaan vir ons regte. Jy is beslus ‘n Wereld Held. Pak op en gaan huis toe. Dis Australia se verlies.

Jean ·

Austrailia is ‘n 1ste wereld land, hulle het nie 1 persoon nodig nie. Die tennis toernooi sal aangan en geld inbring.

MakersMark ·

Hy is die man wat nie gaan tennis speel in Aus nie…..al is hy die main man….

Hendrik ·

Wel ek kan persoonlik ook nie sien hoekom ‘n gesonde jong man , wat ‘n 99% kans vir oorlewing indien hy Covid-19 opdoen en veral as die inenting nie aansteklikheid verhoed nie, ‘n inenting moet kry nie. Daaris kans om miokarditis of bloedklonte te kry van die inenting as newe effek. In Australie word newe effek slagoffers nou vergoed indien hulle die siektes verkry van die inenting.

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam. Dis elkeen se reg om self te besluit oor die inenting. Niemand kan ons dwing nie. Die risikos verbonde aan die inenting is veel erger as Covid.

Jean ·

Maar hulle dwing hom mos nie om Australia toe te gaan nie, selfe met die inenting.

Pyl ·

As jy sien hoeveel gesonde sokkerspelers hartaanvalle op die veld kry na hul inenting sal jy sy rede verstaan.

Marius ·

Hy het al covid gehad, so sy natuurlike immunniteit is beter as die van ‘n persoon wat ‘n inenting gehad het. Beide kan nie verhoed dat jy weer covid nie en beide mag verhoed dat jy doodgaan van covid. Nou wat is die probleem australië ? Toets hom vir covid. As hy negatief is laat hom speel. Is dit so moeilik om logies te dink?

piet ·

Daar is wetenskaplike bewyse dat immuniteit verkry deur inenting beter beskerming bied teen nuwe variante as “natuurlike immuniteit” (wanneer jy nog nie blootgestel is aan die nuwe variant nie).

Hendrik ·

‘n Jong man het nog steeds 99% kans om te oorleef indien hy Covid opdoen.

Johnny ·

Piet – jy is nou heeltemal verkeerd hier. Gaan kry jou feite asseblief reg.

Ziggy ·

Piet, kan jy asseblief daai wetenskaplike bewyse met ons deel?

Tubac ·

Hy het versuim om bewyse te lewer wat hy moet doen, soos vir enige anderpersoon om sy visum geldig te maak. My opinie hy wil net politek speel.

Jacob ·

Dit maak vir my net nie sin om inge-ent te word teen Covid 19 nie. Die “entstowwe” verhoed nie infeksie met Omicron nie en ook nie aansteekliheid nie. Verskeie top mediese kenners het ook reeds gewaarsku dat te veel van die mRNA entstowwe kan lei tot immuniteitsvoosheid en in Frankryk waar sowat 93% van die bevolking ten volle inge-ent is, het nuwe infeksies en sterftes die afgelope week in vergelyking met die week voor dit met onderskeidelik 88% en 14% toegeneem.

Kan enige ingeligte persoon asseblief vir my ‘n logiese rede gee waarom mense hulleself moet blootstel aan die entstowwe? As daar goeie aanvaarbare redes is, sal ek dit werklik oorweeg om die spuit te neem.

piet ·

Want die voordele is meer as die nadele. Entstowwe is veilig en verlaag drasties jou kans om ernstig siek te word. Dit bied ook immuniteit VOOR jy blootgestel word aan die virus (vir “natuurlike immuniteit” moet jy eers die virus kry). Daar is wetenskaplike bewyse dat inenting meer beskerming bied teen nuwe variante van die virus as “natuurlike immuniteit” verkry weens besmetting met ‘n ander variant.

Hendrik ·

‘n Gesonde persoon het nog steeds op gemiddeld 96% kans om te oorleef van Covid. Dan moet die persone met onderliggende siektes beslis ingeent word en hulle sal waarskynlik ook nie aan sportsoorte deelneem nie.

Johnny ·

Piet dis juis die 3 groot redes vir die weerstand teen die verpligmaking van die inspuiting:
1) dat dit jou NIE immuniteit bied teen die opdoen van die virus nie
2) dat dit jou NIE verhoed om dit oor te dra nie
3) dat natuurlike weerstand sterker en langduriger is as enige kunsmatige weerstand

Emile ·

Goeie punte is hier gemaak Johnny ek stem 100% saam met jou

Jacob ·

Het reeds Covid 19 gehad, Delta, was nie ernstig siek nie as gevolg van voorkomende behandelings en supplemente. Sowat 70% – 80% van Suid Afrikaners het reeds Covid 19 gehad en het dus natuurlike immuniteit.

Indien die entstowwe meer beskerming bied teen nuwe variante, waarom dan opvolgdosisse elke paar weke en waarom loop Frankryk (net een voorbeeld van talle) nou so erg deur onder Covid 19? Dit maak nie sin nie.

Wat die voordele/nadele van mRNA entstowwe aanbetref is dit moontlik baie raadsaam om te kyk na die vigiaccess webblad.

Louis ·

Verwaande australie. Wou soontoe gaan maar nou stel ek nie meer belang nie.

Johanncb ·

Dit gaan hier oor ‘n land se wette, níé oor wié of wát jy is nie.

Treurwilger ·

Jy is verkeerd.
Dit gaan hier presies daaroor!
Novak, as blakend gesonde jong sportman, word verhoed om sy professie te beoefen.
Gaan die ‘demokratiese’ Aus regering in die toekoms hierdie drakoniese reëls nougeset op alle internasionale sakemanne en Hollywood filmsterre van toepassing maak?
Ek glo nie.

Tubac ·

As ek jou reg lees moet daar geen reels regoor die wereld toegepas word nie. Beslis gaan hulle nie n president skep nie.

MakersMark ·

Stem saam. Maar anti vaxxers verwag die hele wereld moet na hul sameswerings teorie luister en wette buig wat reeds deur meer as 5 bn mense wat ingeent is verkeerd bewys is.

melW ·

Ongeag van die storm rondom Djokovic, ons hoop om hom te sien op die tennisbaan.

Johnny ·

Wat vele dalk nie aan dink nie is die feit dat die Aussie Ope een van die 4 “Grand Slam” toernooie is. Op 34-jarige ouderdom is hierdie jaar dalk die laaste realistiese kans wat hy het om ‘n Grand Slam te kry deur al 4 te wen in een jaar. Deur deelname geweier te word, het hy onmiddellik geen kans daarop nie.
Ons weet ook dat die Aussies heeltemal oordadig was en is in beide hulle maatreëls en die toepassing daarvan.

krodedil ·

Ek dink dis een van die grootste redes dat hulle Djokovic wil keer om 4 Grand Slams te wen. Ons almal weet Aussies is sportmal. Hulle wil daai eer vir ‘n Aussie hou

Arno ·

“Reëls is reëls en daar is geen spesiale gevalle nie” …well done Scott Morrison, ons kort meer mense soos jy in ons land!

NEO ·

So wat jy sê is dat ‘n ongevaksinnerde man nou soos ‘n krimineel behandel moet word. Hulle het hom dan mediese vrystelling gegee. Hoekom nou dat hy in die land is die reël verander.

Pierre ·

Die regering het hom geensins toetestemming gegee nie, die tennis komitee het vrystelling gegun wat die baan open vir hom om vir die direkte visa aansoek te doen in die geval het hy vir die verkeerde visum aansoek gedoen.

krodedil ·

Die visum is goedgekeur deur die regering en is later teruggetrek

Tubac ·

Op voorwaarde dat hy al sy dokumentasie en bewyse moet lewer. Gaan lees die immi aansoek vir n Aus visum. Kyk gerus na die heel laaste reel op die aansoek vorm.

Tubac ·

Hy word nie soos n krimineel behandel nie. Eenvoudig, hy het geweet wat hy moet aan voldoen voordat hy die land kan betree. Gaan kyk gerus na hulle reels op hulle webwerf. Victoria kan nie vir hom vrystelling gee nie. Daar is federale reels wat hy moet aan voldoen soos enige ander persoon wat toegang wil kry. Hulle is beslis nie die RSA nie.

Treurwilger ·

Scott Morrison wil ongelukkig bloot die naderende verkiesing wen, en moet dus verontregte Melbourniete paai na twee-jaarlange “lockdown” kastyding deur hul staatspremier.
Tientalle “celebrities” is deurgaans spesiale behandeling gegun deur einste regering.
Wens dit kon anders wees, want dan sou Novak verseker kon speel.

johan ·

Waarom het hulle dan ander spelers met dieselfde redes wel binnegelaat? Dis duidelik eenogige optrede teen Novak omdat hy teen0or die globale narratief standpunt inneem.

Vlooitjie ·

Presies, maar niemand wil die hoor nie, almal wat dink die is nie polities nie is naief. Almal wat so maklik aanvoer reëls is reëls en hy is nie verhewe nie, verduidelik dan die dubbel standaard asb.

Tubac ·

Verklaar asb hoekom kolisi en sy makkers toegelaat is. Kyk watter maatreels het gegeld en hulle inenting bewys. Kry feite reg.

Catherina ·

Wat maak hom anders? Gehoorsaam wet of word gedeporteer

Koen ·

Hier is baie mense hier wat wette verontagsaam. Dan kla hulle oor korupsie, moord en kapings. Kan maar net my kop skud.

Tubac ·

En oor n nie SuidAfrikaanse tennisspeler wat wil maak wat hy wil. Sal graag die bohaai wou sien as dit een van ons spelers was.

MakersMark ·

Stem saam. Maar anti vaxxer mentatilteit werk nie so nie. Hul moet sosiale behandeling.

Johannes_64 ·

Werklik ‘n patetiese besigheid wat aangaan in Australië. Dit is nou wat jy kry wanneer mense sonder ‘n vaardigheid in beheer kom. Dit lyk regtig soos ‘n 13 jarige se poging om beheer van die skoolgronde te kry met dreigemente en afpersing as die enigste bewys dat daar ‘n rede is vir die vlak van beheer.

Pofadder ·

Ja. Ons doen soveel beter in SA. Al die mense in ons regering is ‘vaardig’ en weet presies wat hulle doen, en sal nooit ‘n sent verduister nie.

Tubac ·

Vaardigheid!!!!!!!! Kyk net om jou rond dan praat ons weer.

Francois Le Cochon ·

Alle lande het immigrasie wetgewing. Al hierdie wette stipuleer dat die grenspolisie die finale besluit het, ongeag.

Richard ·

Die mense wat hier kommentaar lewer, wat so vinnig saam met die trop hardloop en verkondig “Reëls is reëls”, onthou net dat Rooi Sjina ook reëls het. “Reëls” kan verkeerd wees, en in hierdie geval is dit. Die inenting het ‘n netto voordelige effek vir iemand wat 65+ is. Hy is 33 en blakend gesond. Ook, hy het rééds Covid gehad en hy was nie eers ernstig siek nie. Hy is dus nie een van die mense wat daaraan sal sterf nie en hy het dus nie die inenting vir homself nodig nie.

Wat die res van Australië of die res van die wêreld se mense betref, hulle kan ook nie daarby baat as hy ingeënt word nie, want dan kan hy dit steeds kry en oordra, en dit is vanselfsprekend.

Ek is nie teen die inenting nie, maar mens moet darem jou verstand ook kan gebruik.

Samuel ·

Sjina se reëls en wette is nie altyd regverdig nie. Kan ons dus aanneem dat reëls is reëls ook dan geld?

Samuel ·

Ek volg weereens nie MM se narratief nie.

Djokovic is man van karakter en weier om soos ‘n skaap ter slagting gelei te word.

Djokovic, jy is ‘n held.

kaplyn ·

Ek verstaan ook nie jou narratief nie. Hy het as mnr. Djokovic by die AUS doeane aangekom, nie as `n man van karakter nie. As jy as mnr. Nel (ongeag van jou karakter) by die AUS doeane aankom en jy is nie ingent nie. dan mag jy ook nie die land binnegaan nie.

tweeling ·

Selfs Nadal sê ook jy het die ding op jouself gebring. Nadal is al 2 keer gespuit :-)

Esme ·

Novac, hulle wil jou graag meer in aksie sien, as wat jy jou wil onderwerp aan drakoniese Australiaanse, Covid 19 Regulasies. Beweeg aan, en sit die Australiaanse Ope agter jou. Jy het nie die onnodige spanning in jou lewe nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.