Djokovic is Wimbledon-kampioen

Novak Djokovic wen Wimbledon 2015 Foto: @BBCSport op Twitter.

Novak Djokovic wen Wimbledon 2015 Foto: @BBCSport op Twitter.

Novak Djokovic het Roger Federer Sondag in die Wimbledon-finaal geklop.

Die wêreldkampioen het 7-6, 6-7, 6-4, 6-3 gewen.

Djokovic het Federer verhoed om ʼn rekord agtste keer met die titel weg te stap. Djokovic het nou sy huidige afrigter, Boric Becker, se aantal Wimbledon-titels geëwenaar. Becker het in 1985, 1986 en 1989 gewen.

Djokovic het in 2011 met die titel weggestap, en verlede jaar ook toernooi gewen.

Serena Williams het Saterdag in die vroue enkeltitel met die louere weggestap. Klik hier om meer te lees.

This is the moment Novak Djokovic became a three-time #Wimbledon champion.

Posted by Wimbledon on Sunday, 12 July 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Geluk jou ou doring. Beide jy en Federer is waardige kampioene.
Gaan kyk op Youtube hoe Novak ook kan grappe maak op die tennisbaan met sy manewales of dalk mannewales.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.