Djokovic moet nou sy tasse pak

Argieffoto van Novak Djokovic. (Foto: Brandon MALONE / AFP)

Die Australiese regering het Novak Djokovic se visum Vrydag vir ’n tweede keer gekanselleer.

“Ek het vandag my magte uitgeoefen… om mnr. Novak Djokovic se visum te kanselleer op grond van gesondheid en goeie orde en op grond daarvan dat dit in die openbare belang is om dit te doen,” sê die minister van immigrasie, Alex Hawke.

Die kansellasie beteken Djokovic word weer deur uitsetting in die gesig gestaar terwyl hy waarskynlik drie jaar lank verban sal word om vir ’n nuwe Australiese visum aansoek te doen.

Die Serwiër kan wel weer appelleer in ’n poging om in Australië te bly om aan die Australiese Ope deel te neem. Dít ná ’n reeds opspraakwekkende regstryd oor sy aankoms in die land sonder dat hy teen Covid-19 ingeënt is.

Die wêreld se voorste manstennisspeler kon met ’n appèlaansoek die eerste kansellasie van sy visum in die hof omkeer. Hy het egter intussen erken dat hy isolasiereëls in Serwië oortree het en toegegee dat ʼn verklaring in sy Australiese reisdokumente foutief was.

Die Ope begin Maandag.

Hawke het Djokovic se visum ingevolge Australië se Migrasiewet gekanselleer, wat hom in staat stel om enigiemand te deporteer wat hy as ’n potensiële risiko vir “die gesondheid, veiligheid of goeie orde van die Australiese gemeenskap beskou”, berig BBC.

Bykomende bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Peter Pan ·

Mooi so… hy dink mos hy kan doen wat hy wil omdat hy bekend is!

Cobus ·

En so begin dit, maar ons moet nie verbaas wees nie, dis voorspel.

KB ·

Ek dink jy is beter met fluitspel…onthou maar net wie het jou naamgenoot uit die dorp gevolg.

Treurwilger ·

Belaglik.
Egter heeltemal verwag van ‘n regering wat gedink het ‘n virus kan ge”crush and eradicate” word.

Pierre ·

was te verwagter reels is reels en as dit enige ander persoon was sou niemand n haan daarna gekraai het nie.

Tubac ·

O moenie huil nie ,O moenie treur nie. Geregtigheid het geskied.

Louis ·

Australie is jaloers op hom want nie een van hulle tennisspelers kan hom wen nie. Met hom uit die pad dink hulle dat hul dalk n kans het op die grandslam. Wat n grap

Moedeloos ·

Nee hul pas net hul landswette toe. As dit ek of ander besoekers was sou ons dieselfde moes handhaaf wat hul covid reëls is

Perdeby ·

Ag asb hy het hulle Covid reels oortree, en dan nog gelieg op sy aansoekvorm, want nou kamtig ‘n vingerfout was!

Pofadder ·

Jy gryp na strooihalms. Daar is geen Australiese mansspeler wat enige kans het om die AO te wen nie. Ek weet dit, jy weet dit, en hulle ook.

Amelia ·

Ek wonder watter tipe gevaar hou Djokovic nogal in vir die gesondheid, veiligheid of goeie orde van Australië? ‘n Mens sal maar sukkel om so iets in ‘n hof te bewys. Hy het immers onlangse, bewese immuniteit teen die virus. As die Australiërs hulleself onordentlik wil gedra as gevolg van sy teenwoordigheid in die land, dan moet hulle maar self pa staan daarvoor – dis nie asof hy enigiemand aanmoedig om nie ingeënt te word nie. Nee wat, dit is alles duidelik polities en as ‘n groot tennisliefhebber is ek glad nie beïndruk met die skade wat hulle die sport aanrig nie. Hulle kon sy visum uit die staanspoor nie toegestaan het nie eerder as om hierdie topatleet as hulle speelbal te misbruik.

Chantel ·

Reël bly reëls en in ‘n land waar hulle bitter streng is, het ek niks minder verwag nie. Hy het gelieg en dis maar die lot daarvan

Moedeloos ·

Hy het presies geweet vanaf die begin wat die Aussies se reëls is en het vanaf die begin gesê hy gaan dit nie nakom nie. Hy moet homself blameer en nie vir ander nie.

Pieter ·

As ‘n reel geldig is vir die een dan moet dit ook so wees vir die ander.

tweeling ·

Hy gaan in Amerika dieselfde pakslae kry, moet kan bewys jy is gespuit

piet ·

Valse inligting op die visa-aansoekvorm asook sy leuens oor sy gesondheid en sy verbergingstaktiek nadat hy in Australie geland het, is ‘n bedreiging vir die veiligheid en goeie orde van die land sou ek dink.

Hein ·

So wat jy eindelik sê is dat die ander tennisspelers en ander mense wat hulle laat inent het almal verkeerd is.

gatgogga ·

“…dis nie asof hy enigiemand aanmoedig om nie ingeënt te word nie…”.
Jou woorde, Amelia. So, jy besef en erken, dat om mense aan te moedig om nie ingeent te word nie, verkeerd is.
En wanner Pieter se dat reels vir almal moet geld – dan kry hy af-duime.
Julle anti-vaxxers maak nie meer sin nie.

Gert ·

Seriously Mnr Hawke, ek dink jy en ons minister Cele kuier gereeld saam.

KB ·

Hawke??? (Lankal uit-/afgetree)
Dis Scott Morrison wie se koppie so raas…

Jacobus ·

Wow, daar kom dit deur “my magte gebruik” – woorde bekend in RSA. Djokovic is so min ‘n gevaar vir samelewing as die man in die maan. In die uitgerekte drama waar die Ausies hulleself telkens in die voet geskiet het is Australië die massale verloorders. Die telling: 1 vir poppemeesters en 0 vir gesonde verstand.

Arno ·

Uiteindelik … beste tennis speler en dan nog ‘n goeie leuenaar ook, jou geldjies en fame het jou nou net mooi niks in die sak gebring nie.

Aai ·

Dit is ‘n jammerte maar hy het dit oor homself gebring hy was positief getoets vir C19 Desember toe hy bereid was om ‘n onderhoud te voer sonder om sy status bekend te maak dit is waar sy probleme begin het.Hy het ander mense se lewens in gevaar gestel vir sy eie wins.

Moedeloos ·

En dan nog op sy Aussie papiere nie verklaar het dat hy ander lande besoek het nie. Nou is dit kamstig sy “ondersteuners span” wat die glipsie gemaak het. Jammer die ou wat die vorm teken moet bewus wees van die inhoud en bevestiging.

Robert ·

Lewens in gevaar stel vir ‘n verkoue waarvan 99.8% herstel .. Lagwekkend.

Willem ·

Australiē is belaglik. Hulle versterk net my vermoede dat die hele situasie mbt Covid-19 méér te make het met intimidasie en beheer as met mense se gesondheid.

Tubac ·

Ek sal eerder by hulle leer. Hier by ons is daar geen grens beheer nie.

tweeling ·

As Aus so belaglik is hoekom emigreer so baie SA mense soontoe maak dit hulle belaglik?

Oros Soros ·

Australië moet uit die Olimpiese Spele en die IOK geskors word. Hierdie is ‘n politieke besluit wat geneem is deur ‘n politieke ampsbekleër. Tennis Australië is die instansie wat oor Djokovic se deelname moes besluit. Terloops, Tennis Australië het reeds Djokovic die groen lig gegee om te speel. Los politiek uit sport.

My siening ·

Wette is wette in AU maar jul kla gou oor wettelose SA! Get a life, AU IS REG wette is vir alma asook snobs!

Oros Soros ·

Die IOK het ook reëls. Dit gaan hier oor ‘n besluit wat eerder deur die sport beheerliggaam geneem moes word, nie deur die regering nie. So as ‘n regering inmeng in sport, dan moet daardie land se sport maar die gevolge dra. Dit gaan oor ‘n beginsel en nie oor covid 19 maatreëls nie.

Pofadder ·

Nonsies. Daar is geen Australiese manspeler wat enige kans het om die AO te wen nie.

Daleen ·

Almal wat so Djokovic se leuens en optrede goedpraat moet dan nooit weer oor die ANC se liegery kla nie. Lieg bly lieg.

Sokrates ·

Dat iemand van die statuur van Djocovic só moet baklei om sy beroep te beoefen, sê hoe siek en verdraaid die samelewing in terme van logika en rasionele denke geword het. Vetsugtiges vol diabetes en hartkwale kan hospitale vol lê en lustig voortvreet, en trollies vol kos pak in oorvol winkels, Maar n top atleet wat sy liggaam se gesondheid nougeset en met groot opoffering bestuur, en boonop in n bio-borrel oefen en optree, word “gename, blame, shame en boonop as leuenaar “geframe”. As mens in n siek, outoritêre samelewing vol skeefgetrekte “waarhede” moet probeer oorleef, dwing dit die eerlike mens tot maneuvers……wie die gevaarlike opmars van die totalitaristiese tydsgees nie kan raaksien nie, is werklik dwaas. Hennie Aucamp het gesê:”Salig is dié wat die omvang van hulle eie onkunde nie eers vermoed nie, want hulle sal gemoedsrus hê”. Ja, hê maar jou valse gemoedsrus terwyl jy jou vryheid so argeloos van jou laat wegneem…….

Cobus ·

Puik, tog sal die meerderheid soos gewoonlik dit nie raaksien nie slegs om na die tyd te wonder waar het alles skeef geloop.

Treurwilger ·

Sokrates, briljant verwoord!
Dankie tog daar is nog mense soos jy.
Wat aan Novak gedoen word, is misdadig.
Dit is wat Covid-histerie aan die wêreld doen.
Tragies.

NEO ·

Australia is nie werd om ‘n grand slam aan te bied nie. Lande soos Frankryk het gesê hulle sal hom laat speel. Hoop die internasionale tennis vereniging skop Australië uit.

JM ·

Bravo! Om te dink jy kan jou sin kry omdat jy beroemd is, ten koste van ‘n land se wette en regulasies, is arrogant. En dan lewer sy familie ook verfoeilike kommentaar. Australië skuld hulle niks.

Joe Shebarn ·

Massa Formasie Psigose.

Die wêreld het die blyplek geword van bruikbare idiote.

Die Nuremberg Kode is veronderstel om die wêreldbevolking teen hierdie tipe magsmisbruik te beskerm, maar dit beteken nie veel as die meerderheid van die wêreldbevolking entoesiastiese diktators geword het nie…

Treurwilger ·

Manipulering van die massa deur indoktrinasie, opsweping en verdeeldheid saai.
Later dryf almal soos dooie visse (zombies) saam met die stroom.

JM ·

Almal wat op hierdie forum so tekere gaan teen Australië: hierdie saak teen Djokovic gaan NIE OOR SY TENNIS NIE, maar oor sy houding en leuenagtigheid. Reëls is reëls en dit geld ook vir die heer Djokovic, wat reken hy is bo die wet verhewe.

Mariana ·

Hy is te groot vir sy skoene en dink almal moet na sy pype dans. Stuur hom terug na waar hy vandaan kom. Hy moet leer dat hy nie verhewe is bo ander nie. Swak van hom om sulke vloermoere te gooi. Is hy nog tiener of ‘n groot uitgegroeide man. Hy doen homself meer skade aan as goed.

Piet ·

Die Keizer haat dit dat iemand se hy’t nie klere aan nie.
Slegs dooie visse gaan saam met die stroom.
Sterkte Novak.

gatgogga ·

Ek sien die parallel hier so duidelik – net so met die Zuma ondersteuners. Al is Zuma ook hoe verkeerd, hy is hulle held, en hy kan niks verkeerd doen nie. En as hy reels breek, dan is die reels verkeerd. Net soos ‘n twaalfjarige oor sy popster-held voel.

Treurwilger ·

Soms moet gesonde verstand ingespan, en individuele beoordeling van situasies gedoen word.
Novak gaan nie in Melbourne se strate rondparadeer soos gewone toeriste nie.
As Aus Covidvry was, was die paranoïa begryplik, maar die land is reeds deurtrek van Omicron.
Hy wil nie ‘n burger word nie, net vir twee weke tennis speel.
Lees tog Spartacus se puik kommentaar en kyk of jou hart kan versag teenoor die wêreld se no. 1.

Treurwilger ·

Sokrates, nie Spartacus! :-)
Hoewel lg. waarskynlik meer sal bereik as die wyse Sokrates wat aanvaar mense het iets tussen die ore.

Elsabe ·

Hy was oneerlik op sy aansoek vir n visum dit gaan nie oor hy nie gespuit is nie.

KB ·

Ek hoop Djokovic verwyder Australië vir goed uit sy toekomstige reisplanne. Hulle eerste minister se uitsprake herinner sterk aan Dlamini Zuma.

Andre ·

Dis maar hoe Australië begin het. Beheer alles en almal en gee covid die skuld vir alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.