Djokovic wen hofsaak

Novak Djokovic (Foto: Andrej ISAKOVIC/AFP)

Die wêreld se voorste manstennisspeler, Novak Djokovic, het Maandag ’n skokoorwinning behaal in sy poging om in Australië te bly om aan die Australiese Ope deel te neem.

’n Australiese regter het ’n kort rukkie gelede in Djokovic se guns beslis en beveel dat hy onmiddellik uit ’n immigrasiesentrum vrygelaat word.

’n Regsverteenwoordiger van die regering het egter gewaarsku dat Australië nog sy ministeriële magte kan gebruik om Djokovic uit Australië te deporteer, wat daartoe sal lei dat hy vir drie jaar verban word.

Polisiebeamptes staan wag buite die immigrasiesentrum in Melbourne. (Foto: William WEST / AFP)

Regter Anthony Kelly het Maandag vir Djokovic in die bresse getree en geëis om te weet wat méér die tennisster kon gedoen het om aan dié land se streng toegangsbepalings te voldoen.

Dít nadat Djokovic bewyse van “’n professor en ’n hoogs gekwalifiseerde geneesheer” gelewer het oor waarom hy mediese kwytskelding ontvang het om aan die Australiese Ope deel te neem.

Betogers buite die immigrasiesentrum in Melbourne. (Foto: William WEST / AFP)

“Wat meer kon hierdie man gedoen het?” wou Kelly weet.

Djokovic se appèlaansoek is Maandag aanlyn aangehoor nadat Australië sy visum verlede week teruggetrek het omdat hy nie aan die land se toegangsbepalings voldoen het nie.

Djokovic het hom gevolglik op ʼn dringende grondslag tot die hof gewend om appèl teen dié besluit aan te teken.

Die aansoek is nou met koste van die hand gewys nadat die Australiese regering ingestem het om sy besluit rakende Djokovic se visum te laat vaar.

Die hofverrigtinge is Maandagoggend herhaaldelik vertraag nadat die hof se aanlyn stelsel onder ’n oplewing van wêreldwye belangstelling ineengestort het.

Dít nadat teen-entstofaktiviste ’n hofbevel verontagsaam het en die verrigtinge regstreeks op YouTube uitgesaai het. ’n Skakel na die regstreekse uitsending is wyd gedeel.

Djokovic se regspan het aan die regter gesê hul kliënt was “totaal verward” toe hy met sy aankoms in Australië oornag by die lughawe ondervra is.

‘n Bussie arriveer buite die immigrasiesentrum in Melbourne. (Foto: William WEST / AFP)

Die meeste buitelanders word tans verbied om na Australië te reis, en diegene wat toegang verleen word, moet ten volle ingeënt wees of oor mediese vrystelling beskik weens “akute” siekte.

Die Australiese regering se regspan het Djokovic se saak verwerp en het aangevoer dat hy nié aan die mediese kriteria voldoen nie, aangesien sy onlangse Covid-19-infeksie nie “akuut” was nie.

Volgens Djokovic het sy op 16 Desember positief getoets vir die koronavirus. Daar word egter hieroor geredekawel aangesien hy daardie dag ’n byeenkoms bygewoon het van die Serwiese nasionale posdiens wat ’n seëlreeks ter ere aan hom bekend gestel het.

‘n Ondersteuner van Novak Djokovic betoog buite die immigrasiesentrum in Melbourne. (Foto: William WEST / AFP)

Daar is ook foto’s van die tennisster by ’n ander byeenkoms op 17 Desember.

Tsjeggiese tennisspeler Renata Voracova se visum is ook gekanselleer nadat sy ’n mediese kwytskelding verkry het om aan die Ope deel te neem. Sy het Saterdag huis toe gevlieg nadat sy in dieselfde immigrasiesentrum as Djokovic in Melbourne aangehou is.

Djokovic se prokureurs het gesê hul pleidooi dat hul kliënt na ’n ander fasiliteit geskuif word waar hy vir die Australiese Ope kon oefen, het op dowe ore geval.

Volgens Djokovic se ma, Dijana, is haar seun in “onmenslike” toestande aangehou en het hy nie ontbyt ontvang nie. “Hy eet net middagete en aandete,” het sy die naweek aan Serwiese verslaggewers gesê.

“Hy het nie ’n gewone venster nie; hy kyk in ’n muur vas.”

Die tennisster verkeer nou onder groot druk om vir die Ope gereed te wees aangesien sy mededeelnemers reeds hul laaste voorbereiding doen voordat die toernooi oor ’n week afskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Misky ·

Baie geluk en bly vir Djokovic!!!! Hy het by hul eise gehou en die mediese kwytskelding ingehandig soos deur hulle vereis. Well done en hoop die skille val van res se oë

Theo ·

Die grap is dat inge-ente persone ook die virus en of n variante daarvan in Australie kan invat, so waarom hierdie reel dat jy slegs Aus kan ingaan as jy inge-ent is…?

Theo ·

Deon is jy so naïef om te glo dat jy nie kan sterf as jy inge-ent is nie?

Mellivora ·

Hoop van harte dat hy die toernooi wen sodat hy kan tong uitsteek vir die Australiese regering.

Samuel ·

Baie bly vir Djokovic!! Hoop die minister neem hofuitspraak ter harte.

Hendrik ·

Baie geluk. Hd groot gees wereld tenniskampijoen het weens sy optrede weer bewys dat hy in alle opsigte n wenner is. Ek hoop van harte hy kry sy 21 ste G slam met hd ope. Hy verdien dit na al hd onbegripvolle behandeling.

Steyn ·

Sportmanne en welafgaande persone met miljoene dollars en rande kan wereld vol vlieg en kuier, maar ons arm gewone jan en alleman moet maar wag tot ons hopelik eendag in nabye toekoms ook maar by familie daar onder kan gaan kuier. My visum verval oor paar maande, en ek het nog nie eers my kaartjie gebruik nie, so hier sit ek geduldig nes res van Suid Afrikaners wat se planne ook in wiele gery is!

VaalDonkie ·

Moenie vir hom kwaad wees nie. Hy is ook nie in sy noppies met die reels nie. Wees kwaad vir die histeriese Australiers wat die reels gemaak het.

Tubac ·

Nee ou. Die visum reels bestaan al baie jare en dit is ook teen die uitgevaardigde covid regulasies..

Heinrich ·

Uitstekend! Die klomp in Australië het buitensporig oorreageer, die videos wat die rondte doen van totale magsvergrype deur die polisie sal mens eerder van SAPS verwag as ‘n kamptige beskaafde land. Dit hoef nie ‘n hofsaak te vat om hierdie logiese saak te beslis nie. Hy het onlangs die virus gehad, en natuurlike immuniteit is veel sterker as die eksperimentele doepa.

Robert ·

Hy het nou mooi gewys die keiser het nie klere nie. Tyd om wereldwys inperkings te skraap!

Johan ·

Waarvan praat jy R, dan is ons almal so goed soos dood, dis net die regulasies wat tussen jou en die dood staan…..lekker warm laat ek die mediese mense se hartjies van trots klop.

Toy ·

Die vacaholics wil net beheer uitoefen en hom nou ‘n punt wys… dit was nou regtig onnodig.

Twallie ·

Australië het heeltemal die plot verloor met die Covid besigheid.

Bly vir sy oorwinning en ‘n Regter wat common sense het.

Bees Boer ·

Ek sien drie van die ander spelers wat heeltemal gespuit en ge”boost” is het onttrek a.g.v. “borspyn”…

Misky ·

Ja Bees Boer, ek dieselfde raakgelees en laat mens wonder neh?

Catherina ·

Verkeerd! He is a normal civilian. Why should he get preference?

LANA is ELANè ·

Because he demanded on his right of choice, that’s the difference!

Tubac ·

Maw jy wil nou vir n land demand want sy reels wil toepas. Ai klaar by andere geleer.

Andre ·

He did not get preference, he did what they demanded. Then they wanted more

skinderbek ·

Because he is somebody in life, not a normal civilian.

Krokkenoster ·

‘n Oorwinning oor die wêreld se grootste “Nanny State”.
Nou moet hy nog net sy permit kry om asem te haal daar…

LANA is ELANè ·

Hy dring aan op liggaamlike integriteit, ongeag die druk, dit is die verskil.

Willem ·

Sport sal altyd wen, ons het darem self so n paar jaar terug, ons hele land verniet weg gegee vir n krieket game

Andre ·

Hulle het hom net verhoed om te oefen, seker het hulle ook ‘n Aus in die toernooi.

Andre ·

Of was dit net om aandag af te trek om ‘n wet deur te smokkel?

Karel Kobus Kruger ·

Altyd aangenaam om n regering aan die verloorkant te sien. Ongeag watse land se regering. Ongeag waaroor die “geveg” gaan.

Tubac ·

Hy is slegs uit die aanhouding sentrum vrygelaat. Geen bewyse dat sy visum goedgekeur is nie. Baie sterk moontlikheid dat hy ook gedeporteer gaan word. In my opinie sal Aus nie hulle grensbeheer stelsel vir die wolwe gooi nie. Dit laat die deur oop vir verdere komplikasies. Wat van die ander speelster wat huis toe gestuur is? Daar is n verskil tussen realiteit en histerie.

Amelia ·

Nee, die regter het beveel dat sy visum heringestel moet word. Australië kan egter sy visum opnuut ongeldig verklaar.

Tubac ·

In my opinie is Nadal n beter speler met klas en goeie maniere.

Helizna ·

Nou moet hy die AO wen om die beste speler van alle tye te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.