Dodelike geen in menslike embrio ‘reggemaak’

Foto: www.standaard.be/Photo News

Navorsers van die VSA, Suid-Korea en China het vir die eerste keer ooit daarin geslaag om ’n defekte geen in ’n menslike embrio te wysig.

Volgens dié navorsing, wat in die vaktydskrif Nature gepubliseer is, is die defek een van sowat 10 000 genetiese defekte wat reeds aan die mensdom bekend is.

Die defek staan bekend as hipertrofiese kardiomiopatie en kan veroorsaak dat veral jong atlete onverwags aan ʼn hartaanval sterf.

Volgens navorsers van die Oregon Health & Science-universiteit in die VSA ly tot een uit 500 mense aan dié toestand. As die geen “reggemaak” is, kan die persoon dit ook nie meer aan sy nageslag oordra nie.

“Elke generasie wat gebore word nadat die defekte geen ‘reggemaak’ is, sal die gesonde geen dra,” sê Shoukhrat Mitalipov, ʼn navorser aan die Center for Embryonic Cell and Gene Therapy by OHSU in Portland. “Deur van dié tegniek gebruik te maak, is dit moontlik om die siektetoestand geheel en al uit die mensdom te wis.”

Volgens Mitalipov word gene reeds gewysig in veral die mediese en landboubedryf.

Tot dusver is bevrugte eierselle nog net by die mens ondersoek, en as gevind is dat dit ’n ernstige genetiese defek bevat, is dit bloot nie in die baarmoeder teruggeplaas nie.

Mitalipov sê al wat mediese navorsers in die toekoms sal laat huiwer om selfs meer te eksperimenteer, is die etiese aspek van geenmanipulasie.

“Om aan die gene in spermselle, eiers of embrio’s te verander, kan daadwerklike veranderings vir die toekoms inhou. Daar is ʼn etiese aspek daaraan verbonde omdat die toekomstige generasies nie toestemming kan gee nie, en boonop kan newe-effekte van geenmanipulasie vir jare dalk onsigbaar wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaques ·

Moenie krap waar dit nie jeuk nie, die liewe Vader het elkeen geskape na sy beeld.
Hie kom GROOT marakkas.

Pierre ·

Terwyl ek hier lees het ek verwag iemand gaan dit se Jacques. Niemand kloon hier nie. So om kanker te behandel is ook teen God se wil. Jammer my vriend, ek stem nie saam jou nie.

Cedric ·

Pierre, net soos jy gewag het dat iemand dit sê, het ek ook geweet daarso gaan mense wees wat vir hierdie ding is.
Die probleem is nie dat die embrio behandeling kry nie, maar eerder dat die mensdom geneig is om dinge oorboord te vat indien ons iets regkry.

M.a.w. die lang storie kort is dat die mensdom nie daarso gaan stop nie. Dit gaan uiteindelik uitdraai op wetenskaplikes wat God gaan wil speel of daarso gaan n baie fyn lyn wees tussen wat ons gaan aanvaar as menslike gebiede en godlike gebiede.

Cherokee ·

Jaques, die beeld waarna God die mens geskep het, is perfek — foutloos. In elk geval Jaques, Pierre en Cedric, die tema is bàie meer debatteerbaar as om dit sommer net so ‘n ja of nee te wil gee.

Eish ·

Goeie artikel en seker een van die grootste dorings in die vlees van die evolusieteorie se aanhangers. Die feit dat DNA degenereer oor geslagte en nie verbeter nie. Maw alle mutates het geen nuwe inligting bygevoeg op molekulêre vlak nie, maar genetiese inligting verminder. Evolusie is dus nie n feit nie. Trouens dit kwalifiseer nie eens as n teorie of n hipotese nie. Dit is n metafisiese navorsingsprogram en is nie toetsbare wetenskap nie. Karl Popper.

Johann Marx ·

Huh? Die feit dat DNA degenereer beteken nie dat “Evolusie” nie gebeur nie? Hoekom moet “evolusie” net altyd “vebetering” insluit? Gaan kyk na die diereryk….elke siek, swak en gebrekkige aankomeling word deur predatore verslind, en dit los net die beste, sterkste gene om voort te plant. Die mens is die enigste spesie op aarde wat dit NIE doen nie, maar elke “swak geen” wat voortplant aanhelp, ophelp, aanpor, versorg en, die heel ergste, toelaat om WEER voort te plant…..omdat ons kamstig ‘n stel “etiese reëls” het? Die mens is dus die enigste spesie op aarde wat “negatiewe evolusie” beleef…..

Johann Marx ·

Eish, jou aanname is verkeerd. As EEN persoon ‘n genetiese afwyking toon, beteken dit tog nie dat ALLE mense genetiese degenerasie beleef het nie, doen dit? Dis slegs die diereryk waar daar NET positiewe evolusie plaasvind, omdat elke dier wat met ‘n genetiese defek gebore word deur een of ander predator verslind word, en die gene-poel dus net vol gesonde gene is. Die mens is die enigste spesie op aarde wat swak genetiese oorerflikheid ophelp, aanpor, versorg en toelaat om voort te plant….daarom is mediese ingryping op hierdie vlak nodig.

Eish ·

Interressant dat saam met die VSA, Suid Korea en China sterk aan die voorpunt van mediese navorsing staan. Ek het n artikel gelees oor dr. Andre Nel, n Suid Afrikaner wat na die VSA hervestig is en baie betrokke is met nano mediese navorsing. Die Chinese is grotendeels betrokke saam met hom in die veld.

DG ·

Wow dit is wonderlik, en sjoe dit gee my ‘n koue rilling, die potensiaal vir misbruik is groot.

Goed gestel (Eish), in die kol.

Raai Wie ·

Dis fantasties..m.a.w. my seun kan ʼn vrou een dag trou wat ʼn vrou is en my dogter ʼn man wat ʼn man is.

Se Maar net ·

Ek lees julle kommentaar en moet vir julle sê: my kind is met n Kartagener sindroom gebore en as daar n manier was om dit te herstel voor geboorte sou ek nie twee keer gedink het nie. Dit sou sy lewe soveel beter gemaak het. Minder pyn en hartseer vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.