Dodelike virus in China versprei, eis nog lewens

‘n Werker monitor vertoonskerms vir infrarooitermometers terwyl reisigers by die Hankou-treinstasie in Wuhan in die Hubei-provinsie in die suide van China aankom. Foto (Chinatopix via AP)

Die getal gevalle van die nuwe dodelike virus in China het tot 440 gestyg, met nege mense wat reeds dood is.

Volgens die Chinese owerhede is al die sterftes in die Hubei-provinsie aangemeld. Wuhan, waar die eerste geval van die virus aangemeld is, is in dié provinsie. Daar is intussen gevalle van die nuwe tipe koronavirus in Japan, Suid-Korea, Thailand, Taiwan en die VSA aangemeld.

In Amerika word passasiers wat na Wuhan gereis het, gedwing om by een van vyf lughawens terug te keer waar daar voorsorgmaatreëls getref is om passasiers te ondersoek wat moontlik simptome het.

ʼn Amerikaanse man het geen simptome gehad toe hy verlede Woensdag by die Seattle-Tacoma-lughawe geland het nie, maar het Donderdag begin siek voel. Hy is Sondag dokter toe waarna toetse gedoen is en dit bevestig is dat hy die virus het. Volgens die owerhede sterk hy goed aan in isolasie.

‘n Gesin met gesigmaskers loop met hul bagasie in die Hankou-treinstasie in Wuhan in die Hubei-provinsie in die suide van China. Foto: (Chinatopix via AP)

Talle ander lande het intussen ook voorsorgmaatreëls begin tref uit vrees vir ʼn wêreldwye uitbreking van die virus wat herinner aan die Sars-uitbreking van 2002-’03. ʼn Uitbreking van die ernstige akute respiratoriese sindroom (Sars) het destyds in China begin en tot die dood van nagenoeg 800 mense gelei.

Baie lande is reeds besig om die temperatuur van aankomende passasiers te kontroleer en voorsorgmaatreëls vir kwarantyn te tref in reaksie op die nuwe virus.

Die Chinese regering se bevestiging dat die nuwe virus tussen mense oorgedra kan word, het die vrees dat dit vinniger en wyer kan versprei vererger met miljoene Chinese en mense van reg oor die wêreld wat tans in China rondreis vir die Chinese Nuwejaar.

Die nuwe tipe koronavirus gaan gepaard met simptome soos erge koors en asemhalingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jaco ·

Jip en die SARS wat ek ken maak my ook siek voel, ek ervaar naar kolle op my maag weens my lae banksaldos nadat opgawes ingedien is en die stres van die gelde wat ek chronies moet hoes verhinder dat ek n goeie nagrus inkry ;-)

Suid Afrika ·

En ons regering is seker nog besig om statistieke te probeer kop… terwyl enige iemand kan inkom. Dan se hulle “we didnt forsee this” as dit te laat is

John ·

Nog ‘n mutasie en die wèreld kan ‘n krisis beleef, veral Afrika waar mediese dienste so-so is. Tien van die mediese werkers in Wuhan het reeds aangesteek wat hul sku maak om betrokke te raak. Van die ebola-virus-verpleegpersoneel bo in Afrika is vermoor omdat die hantering van pasiènte en dooies die families erg traumatiseer en begrafnis-rituele verbied word tov nadoodse hantering.

Bess ·

Yg ebola is n klug en n hoax gaan kyk oo youtune na ebola hoax die medisyneverskaffes het makllike geld geskep.

Judge Dredd ·

…goeie geleentheid vir SAL om nuwe vlugroetes na Wuhan in te stel.

toy ·

Liewe genade waar kom die mense aan die virus. Meeste van die vreemde siektes kom van die ooste af.

Luka ·

Al die gevaarlike virusse kom van die ooste en afrika waar die se mense enige iets eet wat beweeg of lewe toon, want niks behalwe die me myself and i mag lewe nie

se maar net ·

Dit kom van al die gemors eet!! diere en goggas ens..

Bosvarkie ·

JA… Hoeveel duisende kom nie elke maand die land binne nie… Ons publieke gesondheidsorg is klaar so patties…

Koorsig ·

En ons span die kroon as dit kom by infeksiebeheer….antibiotika-weerstandige bakterië eis sommer 10 baba’s in Tembisa hospitaal. Bid jou aan as daai oosterse peste hier ook uitbreek.

Karlahari ·

Gaan SA regering die situasie ook monitor of gaan ons lughawens beveilig word?

Op Reis ·

Ek sien in die berig word daar verwys na Thailand. Ons gaan einde Mei vir 2 weke daar vakansie hou in Phuket. Hoop dat die virus al opgeklaar is teen die tyd wat ons vlieg.

Op Reis ·

Toe ons in 2018 ook Thailand toe was het hulle van daardie HEAT sensors gehad. Dan wys dit die persoon en hoe rooi jy is. Hoe rooier hoe warmer dan word jy gestop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.