Dodetal aangepas ná Londen-brand

Grenfell Tower, Londen Foto: David Mirzoeff/PA via AP

Die getal persone wat vermis word en vermoedelik dood is ná vandeesweek se brand by ʼn woonstelblok in Londen, staan op 58, het Stuart Cundy, bevelvoerder van die Metropolitan-polisie, gesê.

Die sterfgetal het vroeër op 30 gestaan, maar die polisie het gewaarsku dat die getal moontlik kan styg.

Die brand het Woensdag in die vroeë oggendure vinnig die 24 verdieping hoë Grenfell Tower in vlamme gehul. Daar word intussen vermoed dat nuwe panele op die gebou moontlik die faktor was om die brand te versprei.

Cundy het gewaarsku die dodetal kan selfs nóg styg, aangesien dit tans gebaseer is op inligting van die publiek. Hy het gesê dit kan weke of langer duur om al die liggame in die woonstelblok te vind en uit te ken. Volgens hom is dit moontlik dat daar persone in die woonstelblok was waarvan die polisie nie bewus is nie.

Die soektog na die oorskot is tydelik opgeskort as gevolg van veiligheidsbesware, maar dit het intussen hervat. Nooddienswerkers het die bopunt van die 24 verdieping hoë gebou bereik.

Cundy het onderneem dat ʼn “omvattende ondersoek” gedoen sal word oor dié tragedie.

Die tragedie het ʼn debat ontlok oor brandveiligheidstandaarde en het druk geplaas op eerste minister Theresa May toe ontstoke betogers Vrydag en Saterdag die strate in gevaar het om haar reaksie op die brand te veroordeel. Hulle eis haar bedanking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lynni ·

Die snuffelhonde dra spesiale tipe skoentjies om hul voetjies teen glasstukke te beskerm.
Nietemin foto’s wat ek gesien het van Londen se betogings laat my aan ons betogings dink. Almal ‘demand’. Dit gaan in toekoms seker erger raak.

Blommie ·

Voordat jy oningeligte kommentaar maak, kry jou feite agtermekaar.
Daar was al laasjaar griewe gelig oor die veiligheid van die gebou – geen brand alarms of brand sproeiers. Die gebou het baie vinnig flam gevat – moontlik vanwee materiaal wat in gebou se opknapping gebruik is. Hierdie is ñ onnodige tragedie. Google bietjie en lees. Die mense is de hel in en tereg so. Hoe vertel jy mense wat ñ brand in ñ gebou rappoteer, bly in jou woonstel?

John ·

Wereldwyd is lande se lewensstandaarde besig om te val. Ons hier was ook verbaas oor die slakkepas waarmee noodhulp verleen is. ‘Britain rules the waves’ is nie meer van krag nie. Die land is nou ‘n welsynstaat wat te laat ‘n draaistrategie wil toepas. Londen is die droombestemming vir migrante.. maar kyk wat is die uiteinde. Rubberbote is toe nie bootjies na kammaland nie… maar Pluto se armada…

Wonder ·

Vrot ou elektriese toestelle wat gebruik word, dink ek… Nou kry owerhede weer skuld. Klink net soos hier….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.