Dodetal bevestig in Nieu-Seeland-skietvoorvalle

Jacinda Ardern

Die eerste minister van Nieu-Seeland het bevestig dat minstens 40 mense dood is ná skietvoorvalle by twee moskees in Christchurch.

Eerste minister Jacinda Ardern het gesê minstens 20 mense het ernstige beserings opgedoen. Sy het gesê die gebeure verteenwoordig ʼn “buitengewone en ongekende daad van geweld” en het bygevoeg dat baie van diegene wat geraak word, moontlik migrante en vlugtelinge is.

“Hulle het gekies om Nieu-Seeland hul huis te maak en dit ís hul huis. Hulle is ons. Die persoon wat die geweld teen ons gepleeg het, is nie.”

Die polisie het intussen drie mans en ʼn vrou in hegtenis geneem in verband met die voorvalle. Een van die mans het glo verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval in ʼn manifes van 74 bladsye waarin hy verduidelik wie hy is en die redes vir sy optrede.

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Mike Bush, hoof van polisie, het gesê wetstoepassingsbeamptes het talle ploftoestelle wat aan motors vasgesit is, ontlont ná die aanvalle op die moskees.

Australië het intussen bevestig dat een van die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die aanvalle een van sy burgers is. Scott Morrison, Australië se eerste minister, het gesê sy land staan Nieu-Seeland by met die ondersoek.

Die verdagte wat verantwoordelikheid aanvaar het vir die aanval is glo die Australiese burger. Hy is ʼn 28-jarige man en het glo na Nieu-Seeland gereis om die aanvalle te beplan en uit te voer.

Morrison het gesê Australiërs is geskok, gewalg en woedend oor die aanvalle. Hy het die verdagte as ʼn “ekstremistiese, regse, gewelddadige terroris” beskryf.

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Die skietvoorvalle het by die Masjid Al Noor- en Linwood Masjid-moskees plaasgevind.

Volgens ooggetuies het ʼn gewapende man wat in swart geklee was Vrydag omstreeks 13:45 (Nieu-Seelandse tyd) by die Masjid Al Noor-moskee ingestap en op mense losgebrand.

Lede van Bangladesj se krieketspan het glo net-net die skietery by die Masjid Al Noor-moskee vrygespring. Spelers en lede van die span se afrigtingpersoneel was op ʼn bus op pad na die moskee toe die skietery uitgebreek het.

Volgens berigte het die span na Hagley Oval gevlug waar hulle Saterdag teen Nieu-Seeland sou begin speel. Die wedstryd is intussen afgelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

RIP ·

Dit gebeur as ‘n REGERING NIE NA SY MENSE LUISTER NIE. Hulle het hulle hekke oopgemaak vir immigrante, die publiek het gekla, hulle is geignoreer en SIEDAAR . daar moet nou mense met hulle lewens betaal vir die REGERING se slegte besluite.

Helen Joseph ·

Ag RIP, watter onsin! jy vergeet gerieflikheidshalwe dat daar baie Suid-Afrikaners ook in NZ woon. Kwalifiseer hulle ook as immigrante of nie???

Anoniem ·

RIP…………..Daar is regtig een manier in die lewe wat enigeen, kon voorsien, wat hier gebeur het nie. Nie eens die beste ‘Immigrasiewette of keuring’ kon dit verhoed het nie. Hierdie is waarskynlik ‘n burger sonder enige kriminele rekord. Ek kan jou egter beloof, dat mens kry nie sommer ‘n visa of verblyfreg in NZ of Aus, indien jy enige kriminele rekord van enige aard teen jou het nie. Die persoon is 28, is vanselfsprekend, hy was aanvanklik ‘n normale mens wat betrokke geraak het met die verkeerde dinge en siedaar………….hierdie voorvalle kan in enige land en met enigeen gebeur. Bid vir die families.

Marius ·

En Helen Joseph: Jy vergeet gerieflikheidsonthalwe dat Suid-Afrikaners assimuleer met die Nieu-Zeelandse kultuur en geloof, omdat hulle ook van ‘n soortgelyke Wes-Europsese afkoms is. Hulle hou hulleself nie eenkant of probeer nie hulle geloof afdruk op ander nie. Dis verskriklik wat gebeur het, maar die liberale regerings soek vir moeilikheid met hulle oopdeur, globalistiese beleid. Onthou wat in die Tweede Wêreldoorlog gebeur het: Geskiedenis herhaal homself……

Nettie ·

@Helen Joseph – natuurlik is daar expats in NZ en Aussieland. Ons mense – diegene wat dit kan bekostig – vlug juis UIT SA na lande soos NZ en Aussieland, omdat ons eie land deur Afrikane oorweldig word. Verskil is: die expats doen die ding op die regte manier, die Afrikane lóóp letterlik net in SA in, oor die “grense”. Ek het begrip vir mense wat woedend raak omdat hul kos, hul werksgeleenthede, hul behuising, hul infrastruktuur afgeneem word deur buitelanders. Dit kan mens genoeg die duiwel inmaak om iets daadwerklik aan die saak te wil doen, aangesien die regering (ten minste SA s’n) geensins ‘n poging aanwend om die toevloei van Afrikane uit oorlog-verwoeste, hongersnood lande in die Noorde te keer nie. Synde dat baie van hierdie Afrikane uit die Noorde van Afrika óók Moslems is …………. is dit dalk glad nie so vergesog om te glo dat dit hier ook kan gebeur nie. Iemand moet net genoeg moed bymekaar maak om dit te doen.

Gys ·

Anoniem, ek dog dan juis jy het ‘n kriminele rekord nodig om in “Oestralië” te gaan bly?
Daai land se eerste wit inwoners het immers almal kriminele rekords gehad.

peter ·

Ja hulle vuurwapen wette hier is net vir eerlikke mense. Die gangs is n probleem hier en hulle het almal vuurwapens onwettig verkry. Die regering hier op die oomblik is hopeloos te liberaal en doen niks om gangs onwettig te verklaar.
Die regering Laayoune ook te veel sogennamde ‘refugees’ in wie meeste op die ‘benifit’ gaan en dus ons werkers se belasting geld lewe…..die fyt veroorsaak baie probleme.

Thomas ·

Helen Joseph, daar is ‘n hospitaal na jou vernoem? Familie? Wonder maar net, want jy het seker ook ‘n antwoord gereed oor hoe mense daar sterf?

Ig ·

Wie sou nou glo dat dit nou daar sou gebeur? Nieu-Zeeland se Liberales stik seker nou in hulle tee.

Werner ·

Hulle het dan sulke verskriklke anti vuurwapen wette sien julle wette help niks

Thomas ·

Die enigste manier om ‘n slegte ou met ‘n vuurwapen te keer is ‘n goeie ou met ‘n vuurwapen.

peter ·

Ja hulle vuurwapen wette hier is net vir eerlikke mense. Die gangs is n probleem hier en hulle het almal vuurwapens onwettig verkry. Die regering hier op die oomblik is hopeloos te liberaal en doen niks om gangs onwettig te verklaar.
Die regering Laayoune ook te veel sogennamde ‘refugees’ in wie meeste op die ‘benifit’ gaan en dus ons werkers se belasting geld lewe…..die fyt veroorsaak baie probleme.

BlinkStephaans ·

Dit is en bly ñ tragiese voorval… 40 mense het hul lewens verloor. Dit is op enige dag in enige land… wat ookal die rede… ñ tragedie. Die feite is egter dat hierdie sogenaamde vlugtelinge, vreedsame samelewings reg oor die wêreld infiltreer en dan hul onaanvaarbare gedrag op daardie samelewing afdwing en aanspraak maak op veel meer as wat hulle toekom,inplaas daarvan om n bydrae en n verskil te maak raak hulle parasiete wat aandring op regte en hulself verhewe ag. Ons sien dit al hoe lank in Europa gebeur.,waar hulle daagliks by die skuit vol opdaag as sogenaamde vlugtelinge en stadig maar seker die samelewing ontwrig,maar stadig maar seker raak n land se mense ook keelvol vir hierdie ondankbare gedrag en dan gebeur dít. Reg in eie hande… want hul eie regerings sê shame die arme vlugtelinge, sien hulle maar oor want hulle weet nie van beter… en waarheen moet hulle nou gaan.

jennefer ·

Dis waar, ek is self n immigrant, mens pas jouself aan in die land waarheen jy immigreer. RIP

Blase ·

Sy naam is Brenton Tarrant. Hy het n 17 minute video van voorval ge livestream. Hy is n Australiese burger.

Nettie ·

Miskien het ons BT nodig hier …. om ons onwettige immigrante saak aan te spreek. Glo nie Maroela Media sal my opmerking plaas nie, maar vir wat dit ookal werd is ……………………

Donderstorm ·

Nou tydens brexit is dinge stil in engeland geen aanvalle meer dit is snaaks baie aanvalle gewees dit is jys hoekom die uk vir brexit gestem ht nou is dit stil.

ChrisE ·

Dit is die oudste “triek” in die boek. Jy lei jou mense op en stuur hulle as asielsoekers en of gewone burgers na die land toe wat en wie jy teiken. Hulle grawe hulself in, raak betrokke in die gemeenskap word self goeie voorbeeldige burgers. Dan kom die dag dat hulle aktiveer word en dan breek alle hel los. Mense gebruik ander lande om “deur te beweg” om uiteindelik in die teiken land uit te kom. Kanada is in die verlede as ‘n gasheerland/drumpel deur veral Oosblok (kommunistiese) lande gebruik om hul toegang tot Westerse lande te verkry. Die mense woon jare in die nuwe/aangenome lande. Daar is sowat ‘n jaar of twee terug ‘n geval in Kanada gewees waar ‘n paartjie as Russiese spioene identifiseer en gevangene geneem is. Die Westerse lande raak te houtgerus en agv druk deur menseregte word asielsoekers en lieplappers makliker toegelaat. ‘n Sprekende voorbeeld is die dame wat ISIS “vegter” is wat weer na Engeland toe wil terugkeer. As dit nie vermetel is nie, weet ek regtig nie.

peter ·

Ja hulle vuurwapen wette hier is net vir eerlikke mense. Die gangs is n probleem hier en hulle het almal vuurwapens onwettig verkry. Die regering hier op die oomblik is hopeloos te liberaal en doen niks om gangs onwettig te verklaar.
Die regering Laayoune ook te veel sogennamde ‘refugees’ in wie meeste op die ‘benifit’ gaan en dus ons werkers se belasting geld lewe…..die fyt veroorsaak baie probleme.

Gustav ·

Chris en Peter, ja, baie westerse lande is veiliger as SA, maar vir hoe lank nog?

Jaco ·

Ek persoonlik het nie `n probleem met dit nie, die werled is oor bevolk.
Elke bietjie help.

Peer ·

@Jaco, dan het jy seker ook nie n probleem met plaasmoorde nie? soos jy sê, die wereld is reeds oorbevolk.

Dirk ·

RIP, jy is 100% reg. Hulle moes nooit daai WIT Australieër wat deur Donald Trump en die verregse media geradikaliseer was, soos hy self erken, in hulle land toe gelaat het nie.

Henk ·

Hy propellerkopDirk, Ek is in die VSA en ek is nie ‘n raid kaal even reuse nie en Trump is my man. As jy nie weet waarvan jy praat nie hou jou bek. Mense soos jy maak my siek. Hou op CNN se snert te kyk en dink jy is ingelig. CNN word nie verniet fake news genoem nie.

Dirk ·

Jaco. Ek hoop as die nag van die lang messe in die land gebeur vlikker daai comment van jou voor jou oë soos die byl op jou kop af kom. Elke biejtie help.

Slort ·

@Dirk…LOL “aand van die langmesse” is dit nou die aand wat in 1990 sou gebeur, en toe in ’92 en toe ’94 en ’96, ’99 ’00 en ’02 ??

Heksie ·

Die wêreld is in absolute chaos!
Mens kan nêrens meer heengaan nie, of jy is ‘n teiken.

SNEL ·

Nee, Spook, as jy na die skieters verwys, nee, glad nie, juis hoekom so iets gebeur het. So hartseer wat hier gebeur het en al die lewens wat verloor is.

Rina Kotze ·

Tragies en so onnodig!

Geweld het nog nooit probleme opgelos nie, om mense op te blaas ook nie!

Inteendeel, dit maak sake net erger.

Maar mense leer mos nie!

Innige simpatie met die wat geliefdes verloor het.

KrokodilBotha ·

Ja, well no fine . Hoeveel blankes is al vermoor van 94 af. Hierdie is n kindergarten

Barries ·

Ek het nogal gewonder hoe lank voor ons kommentaar kry van die “maar-wat-van” brigade.

Zombie ·

MM, sal mens nie eerder sê dat die krieketspan die aanval vrygespring het nie, in plaas van “misloop”?

Sune van Heerden ·

Dagsê Zombie

Dankie vir jou terugvoer.
Ons vra om verskoning vir die oorsig! Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marcel ·

NZ se eerste dame is nie heeltemal so aantreklik soos die VSA s’n nie.

peter ·

Helen, ons SA mense hier is immigrante wat werk en bydra tot die ekonomie en betaal belasting.
Baie sogenaamde ‘refugees’ word deur hierde dom liberale regering ingelaat….meeste van hierdie ‘refugees’. lewe op ‘ benifits ‘ wat ons belasting geld voor betaal. Dit is wat probleme en haat skep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.